Jy is hier:
Tuis
Kontak my
AKADEMIESE UITSLAE 2011

AKADEMIESE UITSLAE 2011

Dit is genade!  Ons is opreg dankbaar.  Wat vir my verblydend is, is dat ons konstant presteer, aan die woord is mev. Minnie Thom, Adjunkhoof: Akademie. 

‘n Skool gaan nie noodwendig elke jaar die nommer een wees nie, ons doelstellings is eenvoudig:  geen vakdruipelinge nie,  100% slaagsyfer, vakgemiddeldes ‘n sekere persentasie bo dié van die streek, ‘n sekere persentasie universiteitstoelating en soveel moontlik leerders neem Wiskunde  en nie Wiskundige Geletterdheid nie.  Ons het dit vanjaar weer bereik.

Personeel wat vir die matrieks skoolhou, moet die nodige vakkennis hê, maar ook toegewyd en toegeneë wees en bereid wees om ekstra ure in te sit.  Van die leerders sowel as die leerkragte word die pond vleis geëis.

Ons bestudeer die graad 11-promosiepunte (veral prestasie in die eksamenvraestel)  vroeg in die matriekjaar en  bespreek dit met die matriekpersoneel sodat grensgevalle betyds  geïdentifiseer kan word en bemoeienis met die leerders gemaak kan word.  Kontak met ouers speel ‘n groot rol.

Ons vergader gereeld met die graad 12-leerkragte sodat bystand en ondersteuning betyds aan onderwysers gegee kan word.

Hoërskool Waterkloof handhaaf ‘n goeie balans tussen akademie, sport, kultuur, die geestelike en sosiale EN presteer gelykwaardig in al hierdie fasette.  Dit versterk die kultuur in ‘n skool en motiveer leerders om in totaliteit te ontwikkel.

Die matrieks van 2011 stel weereens nie teleur nie. Die aantal leerders wat eksamen geskryf het is 307 en 307 slaag. Die skool behaal 733 onderskeidings wat beteken 2.39 per leerder. 90% van die leerders behaal Universiteitstoelating.

Die volgende leerders behaal die volgende onderskeidings:

  • 9 Burt Verster
  • 9 Liesel van Eeden
  • 9 Carli Grobbelaar

 

  • 8 Carlize Wolhuter
  • 8 Gustav Wingard
  • 8 Gerhard Strydom
  • 8 Bennert Parsons
  • 8 Geraldine Murray 
  • 8 Jacques Mare
  • 8 Leani Grimes
  • 8 Melise Du Toit
  • 8 Elmarie de Wet
  • 8 Ruben Claasen
  • 8 Conrad Bezuidenhoudt
  • 8 Zelmarie Beselaar
  • 7 Lourens de Coning
  • 7 Lourens van Pletzen
  • 7 Diandri van Niekerk
  • 7 Chantelle van der Lingen
  • 7 Marius Schoombie
  • 7 Mariette Reitsma
  • 7 Jonathan Naude
  • 7 Michele Human
  • 7 Monique Grundling
  • 7 Chris Everts
  • 7 Monique Erasmus
  • 7 Anna-Beth de Kock
  • 7 Yomarie Coetzer
  • 7 Marco Buissine
  • 7 Nina Botha

 

 

 

 

Hoërskool Waterkloof

Waar karakter en uitnemendheid gekweek word!

Hoërskool Waterkloof is 'n skool wat daarna streef om wêreldklas onderrig aan leerders te bied.  Klofies word hier voorberei vir die lewe. Hoërskool Waterkloof is al vir verskeie jare as die Top Akademiese Skool in Gauteng aangewys en is een van die beste skole in Suid-Afrika.