HOËRSKOOL WATERKLOOF

BERGFIETSRY

Kontakpersoon: Leon Verster

Kontakbesonderhede: 012 347 0277/8  leon.verster@klofies.co.za

Klofie–fietsry is ‘n bergfietsspan wat vol entoesiasme die berge en dale aanpak en letterlik die wiele laat draai. Ons neem deel aan ‘n amptelike skoolresies wat as die Spur–reeks bekend staan waarin skole regoor SA kragte meet. Ons neem ook deur die loop van die jaar aan verskillende wedrenne deel waarby leerders kan kwalifiseer vir Gauteng-Noord-kleure. Ons oefen Dinsdae en Donderdae by Wolwespruit, ons gereelde oefenplek. Klofies van alle ouderdomme is welkom en daar is geen perke op getalle nie.

Kom geniet die vars lug saam met ons!

*Raadpleeg asb. ons skool se toep en kommunikeerder vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m datums.