HOËRSKOOL WATERKLOOF

GHOLF

Kontakpersoon: Christine Hare (Direkteur Gholf)

Kontakbesonderhede: 012 347 0277/ 082 781 8475; christine.hare@klofies.co.za

Deelname: Gholf word buitemuurs aangebied en ‘n gholfakademie bestaan waar gholf in ‘n goed gestruktureerde omgewing by Wingate Gholfklub beoefen word. Gholfspelers neem aan talle plaaslike, nasionale en internasionale toernooie deel.

Sportopvoeding: Gholf word ook as sportopvoedingsvak binne skoolure vir graad 8- en 9-leerders aangebied. Koste beloop R3 000 wat afrigting, studiemateriaal, visuele ontwikkeling, fiksheidsevaluering en baanfooie insluit.

Oud-Klofies presteer puik en talle spelers neem aan internasionale toernooie deel. Die skoolspanne, sowel as individuele spelers wat seuns en dogters insluit, presteer eweneens puik in toernooie.

*Raadpleeg asb. ons skool se toep en kommunikeerder vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m datums.