Jy is hier:
Tuis | Administrasie | Dokumentasie | Algemene Inligting
Kontak my
Algemene Inligting

SKOOLKALENDER VIR 2013:

(7) 9 Januarie – 20 Maart 9 April – 21 Junie
15 Julie – 20 September 1 Oktober – 4 (6) Desember

KLOFIERAAD 2013

HOOFLEIERS

Seun: Nicolas van Schalkwyk                       Dogter: Cara de Kock

ONDERHOOFLEIERS

Akademie:   Nicholas Popich                                Jana Taute

Kultuur:   Dietrich Bauermeister                            Anè de Wet

Lewensverryking:   Johann Gouws                      Maryam Everts

Sport:   Marais Conradie                                        Xanri Daneel

Sosiaal:   Brenden Blackbeard                              Ansa van Vuuren

 KLOFIERAADSLEDE

Unis Bell Lizanne Bergh
Phillip Botha Andra Bester
Hanco Brits Este Boshoff
Eduan de Beer Marinette Coertzen
Nardus Erasmus Veronique Gamble
Werner Fourie Danielle Hattingh
Johannes Haasbroek Zhane Herselman
Sean Joyce Twanette Koekemoer
David Joyce Chante Kotze
Luard Laas Ane Lourens
Schalk Lombaard Annene Mare
Lucky Mahlangu Laura Meyer
Pieter Odendaal Madya Moller
Jacques Odendaal Izelle Parsons
Marno Prinsloo Nadia Przybylski
Janco Strydom Beatrice Schabort
Rutger van gruting Claudia Tredoux
Johan van Wyk Natasha van der Berg
Abraham van der Spuy Anke van Wyk

UITVOERENDE BESTUUR 2013

Hoof Mnr. D.C.G Potgieter
Adjunkhoof Mnr. B. Lindeque
  Me. L. Hartley
  Me. M Thom
  Me. J. Fouché
  Mnr. N de Villiers
Departementshoofde:  
Afrikaans Me. G. Kleynhans
Engels Me. I. Knoetze
Wiskunde Me. C. Boswel
Fisiese Wetenskappe Me. M. Roode
Lewenswetenskap Me. M. Behr
Sosiale- en Geesteswetenskappe Me. H. Steyn
Ekonomiese en Bestuurswetenskap Me. E.Swart
Kunste & Vreemde Tale Me. L. Seegers
Lewensoriëntering Mnr. J. Mollentze
Direkteure  
Rugby Mnr. L. Coetzer
Krieket Mnr. N. de Villiers
Atletiek Mnr. D. Campbell
Netbal Me. E. du Toit
Tennis Me. T. Botes
Hokkie Mnre. Gregg Hesom en Kirk Mendoza
Kultuur Mnr. D. Smith
Mede-departementshoofde:  
Natuur- en Skeikunde Me. C. Hare
Afrikaans Me. A. Mans
Lewenswetenskappe Mnr. J. van Wyk
Lewensoriëntering Me. T. Botes
Sport organiseerders:  
Trompoppies Me. L. Marais
Skaak Me. M. van der Merwe
Perdry Me. I Davies
Gholf Me. C. Hare
Swem Me. A. Mans
Bergfiets Mnr. F Vorster

 OPENBARE VAKANSIEDAE 2013:

21 Maart - Menseregtedag
29 Maart - Goeie Vrydag
1 April - Gesinsdag
27 April - Vryheidsdag
1 Mei - Werkersdag
16 Junie - Jeugdag
9 Augustus - Vrouedag
24 September - Erfenisdag
16 Desember - Versoeningsdag

AFWESIGHEDE TYDENS TOETSE EN EKSAMENS

Daar is volgens die Onderwyswet en die Nasionale Onderwysdepartement slegs vier redes vir afwesigheid tydens toetse en eksamens:

  1. Siekte: Gestaaf deur ‘n doktersertifikaat wat duidelik die datum van ongesteldheid aandui.
  2. Dood in die onmiddellike familie: Gestaaf deur ‘n afskrif van die doodsertifikaat.
  3. Nasionale of internasionale deelname aan ‘n sport- of kultuuraktiwiteit: Gestaaf deur ‘n brief van die nasionale organisasie wat voorgelê moet word aan die Distriksbestuurder (14 dae voor die afwesigheid).
  4. Bywoning van ‘n inisiasieskool: Voorgelê aan die Distriksbestuurder (14 dae voor die inisiasie en met nakoming van spesiale voorwaardes).

Hierdie is die enigste redes wat aangegee kan word vir ‘n plaasvervangende toets of eksamen. ‘n Brief van u, as ouer, is nie aanvaarbaar vir afwesigheid tydens ‘n geskeduleerde toets, portefeulje-opdrag of die eksamen nie.

Bykomend is die bepalings wat geld in die geval van ‘n dissiplinêre optrede. Indien ‘n leerder onderwerp word aan uitsetting uit die skool, mag so ‘n leerder glad nie die skoolterrein betree of die skool verteenwoordig nie en word alle punte wat vir toetse, take, eksamens of portefeuljestukke verdien kon word, verbeur en kry ‘n leerder nul en word die uitsetting as ‘n verklaring van die nulpunt aanvaar.

BELEID OOR INHANDIGING VAN PORTEFEULJESTUKKE, TAKE EN WERKSOPDRAGTE

‘n Leerder behoort billike kennis van ‘n taak of portefeuljestuk te kry, voordat dit vir assessering ingedien word. Indien ‘n leerder om welke rede ook al versuim om dit op die vereiste dag in te handig, mag hy/sy ‘n grasietydperk van drie werksdae kry waartydens die stuk nog aanvaar kan word (met 10% penalisasie). Na drie werksdae verstryk het en die stuk nie ingedien is nie, kan dit nie meer geassesseer word nie en verbeur die leerder die punte. Indien ‘n leerder weens siekte afwesig is (gestaaf deur die vereiste doktersbrief), is daar vir die eerste drie dae geen penalisasie nie, waarna dieselfde reëls geld.

NASIONALE BELEIDSRIGLYNE VIR ONDERRIG VIR LEERDERS IN DIE SENIOR FASE (GR. 8 EN GR. 9: UGO) EN VERDERE ONDERWYS EN OPLEIDING (GR.10 TOT GR.12: NKV)

Kritiese uitkomstes van Uitkomsgebaseerde onderrig (UGO) en die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) wat in alle leerareas aangespreek word, sodat leerders in staat sal wees om:

1. Probleme te kan identifiseer en op te los deur analitiese en kreatiewe denke te gebruik;

  1. 2. Doeltreffend met ander in span-, groep-, organisasie-, en gemeenskapsverband saam te werk;

3. Selfdissipline toe te pas en eie aktiwiteite en tyd doeltreffend en verantwoordelik te bestuur;

4. Inligting te kan versamel, analiseer, organiseer en krities te evalueer;

5. Effektief te kan kommunikeer deur mondeling, skriftelike en ander vaardighede te gebruik om aanbiedinge te maak;

6. ’n Verantwoordelikheidsgevoel te ontwikkel teenoor die omgewing en gesondheid van ander;

7. ‘n Begrip te demonstreer vir die wêreld as ‘n stel verwante sisteme en in te sien dat probleemoplossing iets is wat in konteks en nie in isolasie gedoen moet word nie.