| Kommunikasiekanale |
JaarbladDie jaarblad verskyn elke jaar en is ‘n toonbeeld van die afgelope jaar se gebeure. Die blad bestaan hoofsaaklik uit ‘n fotobeeld van prestasies en aktiwiteite. ‘n Poging word aangewend om die blad só saam te stel dat dit as ‘n aandenking vir die toekoms gehou kan word en ook as ‘n ware uitstalvenster vir ons skool kan dien. Dit is ‘n tradisie van Hoërskool Waterkloof wat ons met trots wil voortsit, want ons glo dat elke leerder wat trots op sy skool is, ook ‘n skat van herinnering wil opbou. Rondskrywes [“Klofieklets“]Die Klofieklets word weekliks op die skool se kommunikeerder gelaai. Geen papier Klofieklets word meer uitgedeel nie. Ouers moet in die Klofiedagboek teken dat hulle die betrokke rondskrywe ontvang het. Rondskrywes word ook op die Klofieweb geplaas. Kwartaalliks word prestasies van personeel en leerders met die ouers gekommunikeer. SpreekureAkademiese personeellede is Woensdagmiddae per afspraak beskikbaar vir onderhoude. Indien enige probleem wat algemene skoolsake betref, ondervind word, moet die ouer met die kind se graadhoof skakel. Die kennisgewingbord in Hans Strijdomlaan moet gereeld gelees word vir inligting, veral met betrekking tot rondskrywes. Klofiekan [Skoolkoerant]Die skoolkoerant verskyn kwartaalliks en gee resente nuusgebeure weer. WebbladVolledige uitslae, jaarprogram en daaglikse inligting oor gebeure in en om die skool verskyn op die webtuiste. Besoek ons webblad by www.klofies.co.za KommunikeerderDie kommunikeerder is ‘n elektroniese kits kommunikasiegids wat ouers daagliks op hoogte hou van gebeure by die skool. Ouers kry ‘n CD wat hulle op hulle rekenaar installeer en daagliks word die inligting op gedateer. Rig asseblief alle navrae aan:
Die Hoof: Mnr. Daan Potgieter Hoof: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it Algemeen: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it |