| Konsertorkes |
|
Agtergrond Hoërskool Waterkloof Konsertorkes is sedert 2004 die SA Ope-Kampioene. Die orkes bestaan gewoonlik uit tussen 30 en 40 orkeslede wat daarin belangstel om musiek te maak in ´n omgewing van puik musikante en geleenthede. Die orkes neem enige leerder, wat daarin belangstel om deel te word van ´n groep puik musikante, in.
Die orkes gebruik die volgende: Die Hoërskool Waterkloof Konsertorkes is by die Suid-Afrikaanse Konsert- en Marsorkesvereniging (SAMOV) geaffilieer. American All Stars Internasionale Kompetisie Die orkes is die eerste orkes in Afrika om uitgenooi te word om Suid-Afrika in Mei 2006 in Orlando, VSA tydens die American All Stars internasionale kompetisie, te verteenwoordig. Die orkes wen die Konsertorkesafdeling in die AAAA-Kategorie en word ook as die orkes met die beste algemene indruk en dissipline aangewys . Die orkes het gedurende 2009 op uitnodiging in Wenen (Oostenryk), Praag (Tsjeggiese Republiek) en Duitsland opgetree. Optredes Orkesoptredes sluit o.a. in: Kunstefeeste, optredes in die Staatsteater, tydens sportdae, kultuurfunksies en kultuurfeeste, formele funksies van skole, kerke, kermisse, ko-operatiewe funksies, ouetehuise, skoue... enige plek waar die Klofies die gemeenskap kan dien! Individuele orkeslede tree ook op by enige tipe funksie waar slegs enkelmusikante of ´n ensemble benodig word. Mnr. Danie Smith by 012-3470277/8 This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it |