Inhoud
| Produksies |
|
Hoërskool Waterkloof bied tweejaarliks ‘n groot kultuurproduksie aan. Vanjaar is “Shake it!”, ‘n nuwe musiekblyspel met musiek uit die 70’s en 80’s, by die Atterbury Teater opgevoer. Hierdie prettige produksie het groot lof ontlok en staande applous ontvang. In die jaar wat die skool nie ‘n revue, operette of musiekblyspel aanbied nie, fokus ons op die Klofie Kunstefees en die interskole serenadekompetisie, soos in 2010, toe ons “Pearls of war” aangebied het. |