| Atletiek |
|
’n Trotse tradisie Hoërskool Waterkloof se jarelange tradisie van puik atletiekprestasies leef voort. Uit Klofieland kom talle nasionale en internasionale kampioene. Yolanda Steyn, Marelize Fouché (Visser), Susan Knox, Burger Lambrechts, Carel le Roux, Frits Potgieter, Marna Schutte, Nico Grimbeek, Karel Potgieter, Werner Botha, Pieter Smith, Gerlize de Klerk, Claudia Viljoen, Willie de Beer en Divan Engelbrecht het Suid-Afrika al op senior vlak verteenwoordig. Ons prestasies oor die afgelope 16 jaar (1997 tot 2012) spreek boekdele:
Die afgelope agt jaar het sewentien Klofies die land op jeug- en junior vlak verteenwoordig. Hulle is Pieter Smith, Brendon Clement, Ernst Hattingh, Carla Hugo, Gerlize de Klerk, Willie de Beer, Claudine Janse van Rensburg, Claudia Viljoen, Willem le Roux, Junè Roelofse, Monja Goosen, Annika van Huyssteen, Zanri van der Merwe, Melissa Harmse, Ruan Greyling, Somari Els en Reinhard van Zyl. Vanaf 2005 was daar elke keer ten minste twee Klofies wat Suid-Afrika by die Wêreld-Jeugkampioenskap verteenwoordig het. Vanaf 2005 tot 2012 is Klofie-atlete 180 keer vir provinsiale spanne gekies en het hulle 183 medaljes op die SA- Kampioenskap verower, waarvan 102 goue medaljes was. Klofie-atlete se name verskyn jaarliks op die nasionale ranglyste vir prestasies van die seisoen, asook op die ranglyste vir prestasies van alle tye. Spanne en byeenkomste Die skool kies jaarliks ‘n A- en ‘n B-span. Elke span neem aan ’n interhoërbyeenkoms deel. In 2011 het die A- en B-span hulle interhoërbyeenkomste gewen. Dié twee spanne neem jaarliks aan nog sowat agt vriendskaplike byeenkomste deel. Individue wat aan meer byeenkomste wil deelneem, word na ligabyeenkomste in Pretoria, Germiston en Potchefstroom geneem. Daar word ook jaarliks vir Top 10- en Top 12-byeenkomste ingeskryf. Oefenkamp Bo en behalwe gereelde oefeninge voor en gedurende die seisoen, word sowat 100 atlete elke Desembervakansie op ‘n oefenkamp by die see geneem. Graad 7-atlete word aangemoedig om saam te gaan en ’n groot groep graad 7’s woon die kamp by. Laerskoolatlete word aangemoedig om reeds tydens die voorseisoen (Augustus) by die oefengroepe in te skakel. Fasiliteite Agt fyngrasbane, sintetiese aanlope vir ver- en hoogspring, hoë gehalte apparaat en implimente, spreiligte by die 3000-sitplek pawiljoen, ‘n volledig toegeruste gimnasium, kleedkamers en ‘n onthaallokaal met ’n kombuis, is tot die atlete se beskikking. Atlete wat van ver af kom, kan in die koshuis woon. Daar is vervoergeleenthede vir atlete in Pretoria soggens en smiddae ná oefening na en van die skool. ‘n Fisioterapeut en ’n sportwetenskaplike op die skoolterrein dra ook tot die atlete se skitterende prestasies by. Afrigting Afrigters help die atlete wat na die SA-Kampioenskap, internasionale byeenkomste en wêreldkampioenskappe gaan, tot aan die einde van die seisoen. Daar is vir elke item ’n afrigter. Sommige afrigters rig ook senior atlete en oud-Klofies af. Landloop Ons neem jaarliks aan die NuPower/Tuks-reeks en die Gauteng-Noord Hoërskole Landloopkompetisie deel. Individuele atlete word aangemoedig om aan die Gauteng-Noordligas deel te neem. Die volgende landloopatlete is in die Gauteng-Noordlandloopspan ingesluit: Arnè Verster en Marno du Plessis (seuns O/15), Morné Olivier (seuns O/16), Tarien Prinsloo en Megan Odendaal (dogters O/15) en Janica Labuschagné (dogters O/17). Hulle gaan in September aan die SA-kampioenskap in Amanzimtoti deelneem. Kobus Schoeman, voormalige Springbok-hekkiesatleet, is as atletiekkonsultant by die skool aangestel. Hy beplan die volgende:
Oud-Klofie, Willie de Beer, is in die SA-Atletiekspan vir die Olimpiese Spele ingesluit. Hy het aan die 4 x 400m aflos deelgeneem. Oefentye: Maandae tot Donderdae 14:15 tot 15:30 Afrigters:
Navrae Dreyer Campbell Direkteur: Atletiek Skakel die sportburo - 012 347 7707, of stuur 'n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it Voorlopige atletiekdatums vir 2013 Voorlopige landloopdatums vir 2013 Uitslae vir 2013: |