|
KRIEKET
Krieket-akademie
-
Hoërskool Waterkloof bied Krieket as ‘n keusevak vir leerders in graad 8 en 9 tydens skoolure aan.
-
Kolfwerk
-
Boulwerk
-
Veldwerk
-
Kapteinskap
-
Krieketetiket
-
Skeidsregterskursusse
-
Afrigterskursusse
-
Netsessies
-
Sportwetenskap
-
Dit is losstaande van ligakrieket wat buitemuurs aangebied word. Graad 10 & 11 word vanaf 07:15 tot 08:30 op Maandae, Woensdae en Vrydae geakkommodeer. Heinrich Malan & Cobus Pienaar hanteer dié groepe.
-
Krieket as vak word sedert 1999 aangebied.
-
Daar is vier krieketperiodes van + 45 minute elk in ‘n sewedagsiklus op die rooster.
-
Neels de Villiers (vlak III-afrigter) werk met die seuns.
-
Hulpafrigters wat sedert die ontstaan van die akademie betrokke was, is Jacques Rudolf, Johan Myburgh, Shane Gouldie, Fanie de Villiers, Wietske van der Westhuizen, Koos Pienaar, André Seymore, Cobus Pienaar en Evert Laubscher.
-
Daar is jaarliks tussen 30 en 50 leerders per graad wat krieket as vak neem.
-
Elke klas bestaan uit 12 tot 18 leerders – daar kan dus baie individuele aandag aan die leerders gegee word.
-
Alle seuns wat in krieket belangstel, kan die vak neem.
-
Die kurrikulum bestaan uit die volgende:
-
Teoretiese afdeling: Skeidsregterskursusse, afrigterskursusse en ander teorie soos krieketetiket, kapteinskap en krieketgeskiedenis.
-
Praktiese afdeling: Netsessies, throw downs, target bowling, inoefening van algemene veldwerk en tegnieke word gedoen.
-
Leerders word kwartaalliks geëvalueer.
-
Koste: ‘n Jaarlikse heffing word op u kind se skoolrekening gehef.
-
Die krieketakademie is by Noordelikes Krieketunie geakkrediteer.
-
Voordele van die krieketakademie vir u en u seun:
-
Ouers hoef nie meer smiddae hul kinders na ‘n krieketakademie toe aan te ry nie.
-
Professionele afrigters kweek ‘n liefde vir die spel en lei die seuns op om beter krieket te speel.
-
‘n Verbetering van minstens 20% in u kind se spel word gewaarborg.
|
Binnenshuise krieketfasiliteit: Privaatafrigting word na-ure deur geaffilieerde afrigters soos Neels de Villiers, Shane Gouldie, Johan Muller, Heinrich Malan, Cobus Pienaar en Japie Claassens aangebied. Skoolspanne oefen vanaf 14:00 – 17:00 onder leiding van die skoolafrigters in dié nette.
|
Krieketliga
-
Ons skryf jaarliks vier O/14-spanne in die Pretoria-liga in. Daar is dus genoeg spanne vir al die krieketspelers in dié ouderdomsgroep. Leerders wat vir die skool speel, hoef nie noodwendig in die Krieketakademie te wees nie.
-
Ons het in 1998, 2000, 2006 en 2011 suksesvolle toere na Engeland onderneem waar baie spelers internasionale blootstelling gekry het. Binnelandse toere word jaarliks deur die eerste-, tweede-, derde-, O/14A- én B-, O/15A- én B-spanne onderneem.
-
Klofies se eerstespan was in 2010 die Standard Bank Pro 20-Nasionale Kampioene!
Noordvaal 2012:
Klofies se O/15A- én eerste span is Noordvaal-wenners. Die O/15A's het Hoërskool Menlopark oortuigend met ses paaltjies in die finaal geklop en die eerste span het met vyf paaltjies teen Hoërskool Nelspruit gewen.
Oud-Klofies presteer
Roelf van der Merwe is ‘n Protea- en IPL-speler. Pieter Malan, Hardus Viljoen en Cobus Pienaar is gekontrakteerde spelers by die Titans en Christiaan Schoeman en André Malan speel tans amateurkrieket vir Northerns.
Kloof-afrigters:
Buite-afrigters by Waterkloof-krieket betrokke:
-
Johan Muller (Vlak III-afrigter) afgelope vyf jaar by die eerstespan betrokke. Johan is in beheer van die boulakademie by die skool waar hy verskeie skole se boulers afrig.
-
Evert Laubscher (Vlak III-afrigter en biokinetikus) rig tans die O/14-span af.
-
Cobus Pienaar (Vlak II-afrigter en Titans-speler) is by die O/15A-span betrokke as afrigter.
-
Japie Claassens (Vlak II-afrigter) en tans die tweedespanafrigter by die skool.
-
Heinrich Malan (Vlak III-afrigter) rig privaat in die binnenshuise krieketnette af.
Onderwyserafrigters:
-
Neels de Villiers (Vlak III-afrigter) is by die afrigting van die eerstespan betrokke. Hy is voorsitter van die Noord-Gauteng Hoërskole Krieketkomitee, voorsitter van die Noordvaal Hoërskole Krieketkomitee, asook voorsitter van die Super 18-Krieketkomitee. Mnr. De Villiers is die afgelope veertien jaar direk by Gauteng-Noordkrieket as keurder, afrigter en spanbestuuder betrokke.
-
Rigardt Roos (Vlak II-afrigter) is die O/15A-span se afrigter. Rigardt dien op die Gauteng-Noord Hoërskolebestuur.
-
Koos Pienaar (Vlak II-afrigter) is tans by die O/14A-span betrokke.
-
Onderwyserafrigters dien as afrigters by die B-, C- en D-spanne by die onderskeie ouderdomsgroepe.
Navrae
Neels de Villiers – Direkteur: Krieket
012 347 0278 / 083 452 5556 -
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Spesiale toekennings vir die 2012-seisoen (meriete-aand 26 Februarie 2013):
-
O/14 Speler van die jaar - Shane Gouldie Wisseltrofee : Alex Kok
-
Renier Janse van Rensburg Wisseltrofee vir die Veelsydigste O/14-speler : Nichael Aggenbag
-
Junior Snelbouler van die Jaar: Quintin Bayards
-
Junior Draaibalbouler van die Jaar: Lamondt Roos
-
Junior Kolwer van die Jaar: Rubin Hermann
-
Thomas Howatt Wisseltrofee vir Junior Speler van die Jaar: Willie Ludick
-
Paaltjiewagter van die Jaar: Frederik Andersen
-
Wisseltrofee vir die hoogste paaltjievennootskap: Janneman Malan en Evan Jones
-
Senior Snelbouler van die Jaar: Danru Ferns
-
Senior Draaibalbouler van die Jaar: Reinhardt Grobbelaar
-
Senior Kolwer van die Jaar: Danie Rossouw
-
Senior Veelsydigste Speler van die Jaar (All Rounder of the Year) : Sean Phillips
-
Speler van die Jaar: Frederik Anderson
-
Afrigters van die Jaar: Rigardt Roos en Cobus Pienaar
Beplande kriekettoere vir 2013
|