Jy is hier:
Tuis | Sport | Netbal
Kontak my
Netbal

Klofie-netbal het die voorreg om van die mees gespesialiseerde afrigters in Suid-Afrika te hê en daarom vind ontwikkeling van spelers op alle vlakke plaas.  Rekordoorwinnings en aanwysings as Nasionale Top Netbalskool is nie onbekend nie. Talle Klofie-netbalspelers word jaarliks in provinsiale en nasionale spanne opgeneem.  Toere na verskeie opwindende toernooie dwarsdeur die land, vind gewoonlik gedurende die Aprilvakansie plaas.

Netbalopvoeding
Netbalopvoeding, aangebied deur Hoërskool Waterkloof se netbalakademie, gee vir graad 8 en graad 9-leerders die geleentheid om netbalvaardighede gedurende skooltyd te ontwikkel.

Netbalfees:  Die netbalfees het op 21, 23 & 25 Maart by die skool plaasgevind.  52 spanne van 24 skole van regoor die land en Namibië het aan dié fees deelgeneem.   Program, Uitslae

Aangepaste netbalprogram & oefentye 23 April 2013

Netbal 2012

Navrae: Eleanor du Toit
012 347 7707 (Sportburo) / 083 631 3905
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it