Jy is hier:
Tuis | Sport | Tennis
Kontak my
Tennis

Hoërskool Waterkloof word as een van die top tennisskole in die land beskou en 'n bedrywige program word jaarliks vir die Klofie tennisspelers aangebied. Die Klofie tennisspelers word op 'n besondere vlak ontwikkel en het uitsonderlike geleenthede op verskeie gebiede!

Oud-Klofies: Izak van der Merwe en Juan Anderson is lid van die Davisbekerspan.  Ilse Hattingh is vir die Federasie-bekerspan gekies.

Vak

Tennis word as 'n Sportopvoedingsvak  vir graad 8 en 9 leerders aangebied. Leerders kry die geleentheid om tennis as teoretiese, sowel as praktiese vak te bemeester.

Professionele afrigting is vir alle Klofie-tennisspelers beskikbaar.

Buitemuurse aktiwiteite

Tennisspelers kan ook buitemuurse afrigting ontvang. Afrigting vind in die middae plaas. Spelers verteenwoordig die skool in wedstryde, toerwedstryde en toernooie.  Ons Klofie-tennisspelers word as 'n nasionale krag beskou.

Gerrie Dippenaar Tennis Akademie

Dalk wen 'n Suid-Afrikaner een van die dae Wimbledon. Vir die tennisspelers van die Gerrie Dippenaar-tennisakademie by Hoërskool Waterkloof is dít nie 'n onbereikbare doelwit nie. Twee jaar gelede is reeds begin met die beplanning om die wêreld se mees gesogte tennistitel agter 'n Suid-Afrikaner se naam te laat pryk.   Die Gerrie Dippenaar Tennis Akademie het in 2010 sy 26ste bestaansjaar gevier. Hierdie akademie bied afrigting vir beginners sowel as gevorderde spelers. Die akademie het reeds 'n Wimbledon Junior-kampioen, asook 'n  Amerikaanse Junior Dubbels ope-kampioen gehad.

Die Gerrie Dippenaar -Tennisakademie is daar vir Waterkloof tennisspelers.  Spelers neem aan nasionale en internasionale toernooie deel. 'n Strawwe oefenprogram van hoogstaande gehalte word gevolg.

Navrae: Tersia Botes
012 347 7707 (Sportburo) / 083 233 5977
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it