Die kleedkamers soos op die terreinplan aangedui, sal oop wees.
Die kleedkamers by die vierkant sal op al drie vloere oop wees; asook die seunskleedkamers op die tweede- en derdevloer. Slegs die seunskleedkamers op die grondvloer sal deur mans/seuns gebruik word.
Beamptes gebruik die kleedkamers langs die B- en C-hokkievelde. Dit is albei die kleedkamers aan die suidekant en sal gemerk wees. Die mans se kleedkamers is aan die noordekant van dié gebou.