Geesdrif, geesryk, geestig …. Dit maak nie saak wat die woordeboek van gees sê nie  –  daar is maar net een gees:

KLOFIEGEES!

Dié unieke Klofiegees word geskep deur honderde gelukkige Klofies.  Ons weet dat gelukkige kinders gelukkige ouers meebring en dat ‘n gelukkige ouerkorps weer bydra tot ‘n gelukkige gemeenskap.

Die bestanddele vir dié wenresep?  Trots, respek, samehorigheid, samewerking.

Die kern van die Klofieleefwyse vat dit saam:  ‘n Klofie laat nooit sy skool in die steek nie.