Jaarblad
Die jaarblad verskyn elke jaar en is ‘n toonbeeld van die afgelope jaar se gebeure. Die blad bestaan hoofsaaklik uit ‘n fotobeeld van prestasies en aktiwiteite. ‘n Poging word aangewend om die blad só saam te stel dat dit as ‘n aandenking vir die toekoms gehou kan word en ook as ‘n ware uitstalvenster vir ons skool kan dien. Dit is ‘n tradisie van Hoërskool Waterkloof wat ons met trots wil voortsit, want ons glo dat elke leerder wat trots op sy skool is, ook ‘n skat van herinnering wil opbou.

 

Rondskrywes [“Klofieklets“]
Die Klofieklets word weekliks op die skool se kommunikeerder gelaai. Geen Klofieklets word meer uitgedeel nie. Ouers moet in die Klofiedagboek teken dat hulle die betrokke rondskrywe ontvang het. Rondskrywes word ook op die Klofieweb geplaas. Kwartaalliks word prestasies van personeel en leerders met die ouers gekommunikeer.

 

Spreekure
Akademiese personeellede is Woensdagmiddae per afspraak beskikbaar vir onderhoude. Indien enige probleem wat algemene skoolsake betref, ondervind word, moet die ouer met die kind se graadhoof skakel.

 

Klofiekan  [Skoolkoerant]
Die skoolkoerant verskyn kwartaalliks en gee onlangse nuusgebeure weer.

 

Webblad
Volledige uitslae, jaarprogram en daaglikse inligting oor gebeure in en om die skool verskyn op die webtuiste. Besoek ons webblad by www.klofies.co.za

 

Kommunikeerder
Die kommunikeerder is ‘n elektroniese kits-kommunikasiegids wat ouers daagliks op hoogte hou van gebeure by die skool. Ouers kry ‘n CD wat hulle op hulle rekenaar installeer en die inligting word daagliks opgedateer.

Kliek hier om die skool se KOMMUNIKEERDER af te laai.

 

Facebook
Die skool het ‘n amptelike Facebook bladsy wat op ‘n daaglikse basis opgedateer word. Volg die bladsy gerus.

 

Toep

Die skool het ‘n toep wat op slimfone en tablette afgelaai kan word in die Google Play Store asook die Apple  iStore onder ‘Hoërskool Waterkloof’. Dit is ‘n gerieflike onmiddellike kanaal tot al die skool se belangrikste inligting.

Kliek hier vir inligting om die skool se TOEP af te laai: Android en iOS.

 

Rig asseblief alle navrae aan:

 

Die Hoof: Mnr. Daan Potgieter

Hoërskool  Waterkloof
Posbus 25085
Monumentpark
0105

 

Tel: [012] 347-0277/8
Faks: [012] 347-0279
Hoof:        daan.potgieter@klofies.co.za
Algemeen: klofies@klofies.co.za