HOËRSKOOL WATERKLOOF

KRIEKET

Kontakpersoon: Cobus Pienaar (Direkteur Krieket)

Kontakbesonderhede: 012 347 7707 /  cobus.pienaar@klofies.co.za

Die skool skryf 14 spanne vir die plaaslike Northerns-liga in. Wedstryde word in die eerste, derde en vierde kwartaal gespeel. Verskeie kriekettoere word tydens die wintervakansie onderneem. Oorsese toere word ook sporadies onderneem.

Krieket word as ‘n vak tydens skoolure vir graad 8 en 9 aangebied. Basiese vaardighede en tegniese aspekte kry aandag. Vanaf graad 10 kan leerders Sportwetenskap as vak neem wat in die skoolrooster ingesleutel word. Die kurrikulum bestaan uit ‘n teoretiese en praktiese afdeling. ‘n Jaarlikse heffing is betaalbaar.

Oud-Klofies presteer baie goed op franchise-vlak vir die Titans, Cobras en die Lions.  Hulle vaar ook goed by die onderskeie universiteite en hou Klofies se naam hoog by die Varsitybeker.

Roelof van der Merwe was lid van die Proteaspan en speel huidiglik vir Nederland. Hardus Viljoen het sy toetsdebuut vir Suid-Afrika in 2016 teen Engeland gemaak.  Hy het ‘n graafskapkontrak by Derbyshire onderteken.

Die eerstespan en o.15A-span het die Gunn & Moore/Noordvaalreeks in 2016 gewen.

*Raadpleeg asb. ons skool se toep en kommunikeerder vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m datums.