Kultuur by Klofies

Hoërskool Waterkloof bied leerders die geleentheid om al hulle passies uit te leef en te bevorder. Die skool spog met ‘n sterk Kultuurdepartement, ‘n ryk verskeidenheid van dissiplines wat aangebied word en met afrigters wat net die beste uit ons leerders ontgin.

Kontakpersoon: Me. Janet Fouché

Kontakbesonderhede: (012) 347 0277

MUSIEK

Kontakpersoon: Ronelle Bosman

Klofies spog met ‘n top konsertorkes onder leiding van mnr. Eddie Clayton wat jaarliks met menige trofees en akkolades wegstap. Die skoolorkes was reeds 11 jaar in ‘n ry die nasionale wenners.

Die Tres Scholarum musiekgeleentheid word jaarliks aangebied. Tres Scholarum is ‘n prestige-kultuurgeleentheid waar Hoërskool Garsfontein, Die Hoërskool Menlopark en Hoërskool Waterkloof hande vat om die kultuur en kunste van ons 3 skole saam op een verhoog te laat skitter.

Leerders kan ‘n verskeidenhied van instrumente en musiek studeer. Musiek as een van die sewe vakke word volgens kurrikulum aangebied, en tel vir NBT-punte vir universiteitstoelating.

Die vak bestaan uit drie komponente, naamlik Praktiese Onderrig, Algemene Musiekkennis en Musiekgeletterdheid. Komposisie en Improvisasie word ook as deel van die kurrikulum hanteer.

Die gemengde skoolkoor tree ook tydens funksies, koorfeeste en kompetisies op.

DRAMA

Kontakpersone: Carla Taute en Retha Kearns

Die drama departement het reeds 3 filmproduksies vervaardig genaamd: Familie Resep (Regisseur André Velts 2013); Transito (Regisseur André Velts 2015) en Dis Skadu Sindroom (Regisseur Ferdinand Gernandt 2017). Die skool het in 2013 vir die eerste keer met hul eie film aan die MNet Silwerskermfees deelgeneem.

Dramaleerders neem ook aan verskeie nasionale kompetisies, soos die Reza de Wet, Aardklop en die ATKV Tienertoneelkompetisie deel.

DANS

Kontakpersoon: Michelle Naudé

Die dans departement lewer van ons land se beste dansers en ballerinas op. Die dansdepartement onder leiding van Me. Michelle Naudé, voer jaarliks ‘n dansproduksie van hoë standaard in die Unisa Kleinteater op wat klassieke ballet en moderne dans insluit.

VISUELE KUNSTE

Kontakpersoon: Bonnie Joyce

By Hoërskool Waterkloof kan leerders visuele kunste ook as vak neem en geniet hul uitstekende afrigting in die gebied.

KLOFIEKAN

Kontakpersoon: Alma van der Walt

Die skoolkoerant met leerders as redaksielede, verskyn vier keer per jaar waarin elke kwartaal se aktiwiteite weerspieël word.

KLOFIE FOTOGRAWE

Kontakpersoon: Gareth Harris

Die klofie fotograwe word onder leiding van Mnr. Harris die geeleentheid gebied om hul belangstelling in fotografie by die skool uit te leef en daarvoor erkenning te geniet.

By Hoërskool Waterkloof kan leerders met ‘n passie en talent vir die kunste ‘n tuiste vind en floreer.

Almal in die kultuurburo werk as ‘n span saam om kultuur by die skool op die hoogste vlak te bedryf.