• Etekaartjies wat tydens die funksie aan die spanbestuurders uitgedeel is, kan daagliks deur spelers en beamptes by die verskillende stalletjies vir die kospakkies wat bestel is, ingeruil word.
  • Elke speler en beampte is geregtig op ‘n kospakkie by die snoepie (hoenderpastaslaai, vegetariese pastaslaai, biltongslaai, geroosterde broodjies, gesondheidsrolletjies en tramazzini’s) of toepaslike stalletjie (boereworsrolle, cheese grillers, vetkoek en maalvleis en ribburgers) soos op die terreinplan aangedui. Die ete sluit ‘n keuse van die spyskaart, asook ‘n water in.
  • Beamptes kan deur die loop van die dag tee, koffie en water by die kultuurlokaal by die bane te drinke kry.
  • Die spelers, afrigters, beamptes en ouers kan heerlik by die tafels buite die snoepie kuier terwyl hulle eet. Besoekers kan ook van die snoepie se dienste gebruik maak. ‘n Verskeidenheid verversings wat gewoonlik by ‘n snoepie verkoop word sal daagliks by die snoepie te koop aangebied word.  Die snoepie sal daagliks vanaf 07:00 tot 21:00 oop wees.
  • Almal is ook welkom om die teetuin te besoek vir heerlike verversings.
  • Daar sal ook eet- en drinkgoed soos springmielies, spookasem, mini doughnutsChipstix, water en sap op die terrein verkoop word.