Kontakpersoon                                                              Eleanor du Toit (Direkteur Netbal)

083 631 3905 /  012 347 7707  eleanor.dutoit@klofies.co.za

Netbalakademie Netbal word as ‘n vak tydens skoolure vir graad 8- en 9-leerders aangebied.  Basiese vaardighede en tegniese aspekte kry aandag. Basiese vaardighede, teorie en prakties word gedoen en dogters kan ook as skeidsregters kwalifiseer.
Fasiliteite Die skool het vyf weervaste netbalbane met spreiligte by al die bane.
Oefentye Oefentye is na skool op Maandae tot Donderdae vanaf 14:15.
Oud-Klofies SA-spelers: Erin Burger, Melissa Myburgh, Adele Niemand, Anereth Viljoen, Simoné van Heerden, Marli van der Walt, Arine Helmand, Lara van Heerden en Anmaré Sullivan
Huidige prestasies Twee A-spanne het vir Gauteng gekwalifiseer, nl. O.16 en o.17. By die Gauteng-kampioenskap in 2017 het die o.17’s derde geëindig en die o.16’s tweede. Albei spanne was vierde by SA Top Schools.

By die Coke-toernooi was Hoërskool Waterkloof algeheel derde.

Ander  Die Klofie-netbalfees  (O/14-O/19) word gedurende die Aprilvakansie aangebied – 114 spanne vanoor die hele land het in 2017 aan dié toernooi deelgeneem.
Dié fees word in 2018 vir die tiende keer aangebied. Wedstryde sal op 31 Maart, 2, 3 en 4 April gespeel word.
Periodisering, fiksheid en konkussie Spelers word elke ses tot agt weke deur sportwetenskaplikes by die skool getoets.  Programme word in fases uitgewerk om die spelers te kondisioneer.Vordering word gekontroleer en individuele aandag word waar nodig gegee. Opsionele konkussietoetse word voor die aanvang van die seisoen afgeneem.

Spelers kan gratis in die skoolgimnasium onder toesig van biokinetici en sportwetenskaplikes oefen.

Prestasies
  • Me. Eleanor du Toit is in 2016 deur SASN- aangewys as die Beste Afrigter van die Jaar .
  • Twee o.18-speelsters was in 2017 onder die top 35 speelsters in Suid-Afrika.
  • 33 o.14- en o.15-netbalspelers het in Augustus hulp verleen tydens die jaarlikse Spar Vroue-pretloop in Centurion.

 

*Raadpleeg asb. ons skool se toep en kommunikeerder vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m datums.

#KlofieNetbalfees2018 : 31 Maart – 4 April 2018

Oor drie weke is dit weer tyd vir Hoërskool Waterkloof se jaarlikse Klofie Netbalfees en hierdie jaar sal dit die 10de jaar wees wat hierdie wonderlike geleentheid van sportsmanskap en vernuf op die netbalbaan deur die skool aangebied word! Ons nooi elke #Klofie en elke ondersteuner van die deelnemende skole uit om nie net hulle spanne te kom ondersteun nie, maar om deel te kom wees van ‘n stukke geskiedenis wat gemaak word! #KlofieNetbalfees2018 #10deKlofieNetbalfees

Volg gerus die skakel om die ‘event’ te volg op ons FB Blad:
https://buff.ly/2FDcJCA