HOËRSKOOL WATERKLOOF

SKAAK

Kontakpersoon: Judy-marie Steenkamp

Kontakbesonderhede: 083 5563475  judy-marie.steenkamp@klofies.co.za

Nicholas van der Nat: nicholas@chessexellence.com

Sportopvoeding:

Leerders kan skaak as vak neem in gr 8 & 9 as deel van die sport-opvoedingsprogram. Die vak word deur FM Nicholas van der Nat aangebied.

Buitemuurs:

Enige Klofie kan skaak as buitemuurse aktiwiteit beoefen. Spelers oefen reg deur die jaar op Dinsdae aande in die skaakklas vanaf 6 – 8nm.

Uitstappies:

Hoërskool Waterkloof neem jaarliks deel aan die Grey Kollege uitnodigingstoernooi wat reeds in Februarie plaasvind. Dit is ‘n uitstappie wat die skaakspelers baie geniet.

Liga

Die skole skaakliga begin in die 2de kwartaal en vind op Donderdae middae plaas. Daar word slegs 5 spelle gespeel teen ander skole. Die Distrik en Gauteng uitspele word aan die begin van die 3de kwartaal gehou. Hoërskool Waterkloof is vir die afgelope 5 jaar die Kampioene in die distrik asook Gauteng.

Waterkloog Ope:

Die jaarlike Waterkloof Ope skaaktoernooi word op die eerste naweek in Maart gehou. Dit is ‘n belangrike toernooi op die Nasionale Skaakkalender en spelers van regoor Suid- Afrika kom speel in die toernooi.

Skaakklub:

Op Donderdae aande van 6 – 8nm speel kan leerders by die Waterkloof Skaakklub in die Krieketklubhuis inskakel. Dit bied aan die leerders goeie geleentheid om skaak te speel onder die wakende oog van FM N van der Nat.

Prestasies:

Hoërskool Waterkloof was 8 jaar aaneen die SA Top Skole Kampioen.

Hoërskool Waterkloof wen die 2014  SA Skole Kampionskappe in 3 kategorieë

Hoërskool Waterkloof is tans die SA Skole Kampioene in beide die o/18 seuns en dogters afdeling.

Hoërskool Waterkloof verteenwoordig Gauteng vir 4 agtereenvolgende jare by die SA skole en wen 3 jaar alle afdelings waarin spanne speel.

Hoërskool Waterkloof spog met 9 leerders wat SA Kleure verwerf in 2015.

Tans is daar 7 spelers met skaaktitels in die skool, Sune du Toit het die hooste titel as Internasionale vroue meester.

*Raadpleeg asb. ons skool se toep en kommunikeerder vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m datums.