HOËRSKOOL WATERKLOOF

TENNIS

Tennisdirekteur: Alexandra Dreyer

Afrigter:  Gerrie Dippenaar 083 452 5593

Tennis word as ‘n vak tydens skoolure vir graad 8 en 9 aangebied. Basiese vaardighede en tegniese aspekte kry aandag.

Tennis word dwarsdeur die jaar gespeel. Gerrie Dippenaar neem spelers gedurende vakansies na toernooie. 26 spanne neem tans aan die Gauteng-Noord Hoërskoleliga deel. Tennisspelers neem jaarliks aan verskeie toernooie, wat die o.15-Toernooi vir Seuns en Dogters en die Absolut Menlo-toernooi insluit.  Die dogters neem jaarliks aan die Amanda Coetzer-toernooi in Bloemfontein en die Gerrie Berner-toernooi in die Paarl deel.  Die seuns neem aan die Gerrie Berner-toernooi by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch deel. Sun City toernooie word deur beide seuns/dogters B en C spanne onderneem.

In 2019 wen beide Chrisjan van Wyk en Nadia Gouws die Gauteng-Noord kampionskappe en word ses spelers opgeneem in die Gauteng-Noord spanne.

Oud-Klofies presteer deurgaans goed en vyf spelers studeer tans met tennisbeurse in Amerika.

*Raadpleeg asb. ons skool se toep en kommunikeerder vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m datums.