HOËRSKOOL WATERKLOOF

TROMPOPPIES
Hoërskool Waterkloof se trompoppies beskik oor ‘n positiewe ingesteldheid, deursettingsvermoë en die vermoë om in ‘n span te funksioneer. Trompoppies het selfvertroue en ‘n positiewe selfbeeld, handhaaf goeie selfdissipline en kry blootstelling aan fisiese sowel as psigiese ontwikkeling. Trompoppies is ‘n baie gespesialiseerde gebied.

Die trompoppies se slagspreuk is nie verniet Klofie Hartklop – In Pas nie.

Hoërskool Waterkloof se trompoppies word sedert 2003 as een van die top trompoppie-groepe in die land gereken.

 

Hier volg ‘n paar van hulle prestasies:
Tree op by Vonk toekennings – Carnival City 2011
National Champions – 2011 & 2012
Kwela – Kyknet 2013
USA Texas – Protea Toer 2013
Tree op by Afrikaans is Groot – 2013
Porec Croatia – Protea toer 2014
Tree op in advertensie vir oorsese Telekomunikasie maatskappy – 2015
Trompoppies is ‘n erkende SASCOC sport en lewer die meeste Proteas op in een jaar by Hoërksool Waterkloof – 2011 – 2014

Kontakpersoon: Linda Marais
Epos: linda.marais@klofies.co.za.
Afrigter:  Nicolette van Rooyen

Voorsitter: Anton Smith
Epos:  anton.smith@za.g4s.com
Tel: 082 377 5421

Tesourier: Minette Smith
Epos:  minette@smartfinancialsolutions.me
Tel: 082 451 5155

Afrigter: Nicolette Van Rooyen
Epos:  nicolettevr@gmail.com
Tel: 083 714 2870

Ander: Elize van Greunen
Epos: elizevg@mweb.co.za
Tel: 082 447 6640

2016: Januarie

  • Die trompoppies het reeds begin oefen en is baie opgewonde oor die komende seisoen. Die eerste liga byeenkoms is op 5 Maart.
  • Die Nasionale kampioenskappe vind hierdie jaar in Gauteng plaas vanaf 2 – 9 Julie 2016.  Hierdie gaan een van die grootste gebeurtenisse van die jaar wees.
  • Die hoofleidsters vir 2016 is reeds aangewys: Natasha Smith (binnenshuis) en Megan Jordaan (buitenshuis). Die hoofafrigter is Nicolette van Rooyen wat haar aan die einde van 2015 by ons aangesluit het.  Nicolette bring ongelooflike ervaring saam met haar en is baie passievol oor die sport.
  • Die spaninlywing en amptelike verwelkoming van die 2016-span word op 27 Februarie in die krieket klubhuis gehou. Met hierdie geleentheid lê die trompoppies ‘n erekode af om sodoende deel van Waterkloof-trompoppies te word.