Nuusgebeure
ALGEHELE WENNERS VAN DIE 2020-MODIRAGATSI-KOMPETISIE
Amy Vockerodt en Nina Mertz is vanoggend met hul projek “LED Car Guard Glove” as die wenners van die 2020-Modiragatsi-kompetisie tydens die NWU – North-West University se Femmengineering aangewys. Juffrou Carin de Beer het hulle gemotiveer om in te skryf. Sy het altyd gesê: “Hoekom wil jy goed wees as jy kan “great” wees?” Amy en Nina wen ‘n reis na Europa. Hoërskool Waterkloof wen ook die sosiale media-kompetisie op Instagram waar 80 persone opleiding in Robotika gaan ontvang. Baie, baie geluk Amy en Nina! Dis ‘n ongelooflike prestasie!