Detensie
- By Hoërskool Waterkloof volg ons ‘n debietpuntestelsel.
- Wanneer ‘n leerder 50 debietpunte vir enige oortredings het, moet hy/sy drie keer detensie sit.
- Vir elke 10 punte na 30 punte, kry die leerder nog ‘n detensie by.
- Indien die leerder baie detensie moet sit en dit is eksamentyd, verbeur die leerder bloktyd en sal dan tydens die eksamen die detensie voltooi.
- Indien die leerder 100 of meer debietpunte het, volg daar, onder leiding van die dissiplinêre komitee, ‘n dissiplinêre gesprek met die leerder en die ouers.
- Op 100 punte kry die leerder ‘n dissiplinêre verhoor.
- Daar word dan weer oor die leerder se toekoms by Hoërskool Waterkloof herbesin.
- Detensie vind Maandae vanaf 14:15 – 17:15 plaas.
- Tydens detensie kry die leerders uitskryfwerk (of hulle mag met toestemming van die toesighoudende onderwyser, huiswerk doen).