Klofie-boekwinkel

STAPPE WAT GEVOLG MOET WORD OM BOEKE AANLYN TE BESTEL:

  1. Registreer op die Klofie-boekwinkel se webwerf – www.klofieboekwinkel.co.za.
  2. Vul die korrekte afleweringsadres, e-pos en selfoonnommers in.
  3. Vul die leerder se noemnaam in.
  4. Gaan na “plaas ‘n bestelling”.
  5. Kies die leerder se naam en graad.
  6. Kies die leerder se vakke.
  7. Die boeke wat nie op die lys vir sekere vakke verskyn nie word deur die skool aan die leerders “geleen”. Alle boeke wat benodig word word op die lys genoem. (Die opsionele skryfbehoeftes is nie verpligtend nie.)
  8. Gaan voort na die volgende bladsy waar die hoeveelheid items gekies word wat aanbeveel word. Let daarop dat daar op meer as een plek calculators en math sets aangedui word. Slegs een van elk word verlang.
  9. Gaan voort na die volgende bladsy waar die opsie vir aflewering is (vul volledige afleweringsadres in of die opsie om dit self te gaan afhaal by die pakhuis in Midstream sodra u ‘n kennisgewing ontvang.
  10. Klik op “ek aanvaar.”
  11. U bestelling is nou geplaas en kan u aanlyn betaal of ‘n direkte EFT doen.
  12. Gebruik die verwysingsnommer wat aan u verskaf word. Dit is nie dieselfde as die leerdernommer van die skool nie.
  13. Die bestellings word eers verwerk as die rekening tenvolle vereffen is. Die eerste aflewerings behoort middel November uit te gaan.
  14. Daar mag ook van die boeke op back order geplaas word, alles word bepaal deur beskikbaarheid vanaf die verskaffers.

Belangrike inligting:
Tweedehandse boeke: Indien u enige tweedehandse boeke wil koop moet u verseker dat die verwysingsnommer in die handboek ooreenstem met die verwysingsnommer op die boekelys. Indien dit nie dieselfde is nie beteken dit dat die handboek nie weer gebruik gaan word nie.

Nota: Werkboeke kan nie hergebruik word nie. Nuwe werkboeke moet aangeskaf word.

Kontak:
Selfoon: 083 793 2858
E-pos: klofiesboekwinkel@gmail.com
Webwerf: www.klofieboekwinkel.co.za