MySchool

Help ons om fondse in te samel met die MySchool MyVillage MyPlanet-fondsinsamelingsprogram.

Hoe begin ek?

  1. Doen aansoek vir u kaart deur die aansoekvorm te voltooi en terug te stuur na avrey@myschool.co.za, of doen aanlyn aansoek by www.myschool.co.za of per telefoon by 0860 100 445. Of laai die MySchool App af en doen daardeur aansoek vir ‘n virtuele kaart. Onthou Hoërskool Waterkloof is die begunstigde.

  2. Het u reeds ‘n kaart? Verander of voeg ‘n begunstigde/skool by – u het nie ‘n nuwe kaart nodig nie. U kan dit aanlyn doen by www.myschool.co.za, of op die aansoekvorm (merk die “verander begunstigde”) of bel MySchool by 0860 100 445 (Ma. Tot Vry. tussen 08:00 en 17:00).
    U kan tot 3 begunstigdes ondersteun. Fondse sal eweredig tussen die begunstigdes verdeel word.
  1. Indien u reeds ‘n Woolworths-kaart besit, hoe kan u dit aan MySchool koppel
    Woolworths-kaarte is nie outomaties aan MySchool gekoppel nie. Kontak asseblief MySchool by 0860 100 445 en vra dat u kaart gekoppel word. Onthou u Woolworths-kaart kan net by Woolworths gebruik word, terwyl die MySchool-kaart by verskillende vennote gebruik kan word.