Sieketoetse

  • Om ‘n sieketoets te skryf is ‘n voorreg en nie ‘n reg nie.
  • ‘n Leerder wat ‘n toets as gevolg van vakansie-reëlings mis, kwalifiseer nie vir ‘n sieketoets nie.
  • Wanneer ‘n leerder te siek is om toets te skryf moet ‘n doktersertifikaat by die vakonderwyser ingedien word.
  • Indien ‘n leerder kans sien moet hy/sy vroegoggend by die kantoor aanmeld sodat hy/sy die toets op die toetsdatum kan skryf en dan direk daarna weer vertrek.
  • Die sieketoets word gewoonlik binne 7 dae ná die toetsdatum geskryf.
  • ‘n Leerder moet die reëlings (bv tyd, inhoud en plek) van die sieketoets self met sy vakonderwyser bevestig.
  • Wanneer ‘n leerder ‘n toets as gevolg van ander ernstige omstandighede, bv dood in die familie, mis, moet die gradehoof ‘n aanbeveling maak – die ouer moet daarom die gradehoof in die saak ken en dan kan toestemming gegee word dat die leerder wel die sieketoets skryf.
  • Die Invigilator App word ook gebruik om sieketoetse af te lê.