Skryfkompetisie

Beskrywing:
`n Skrywer het slegs sy eie woord om mee te dien, te soebat, te huil, te redeneer, te deel… Dit is geen geheim dat skryf `n gebore vaardigheid is nie. Dit deel jou diepste geheime en laat jou toe om uiting aan die oormaat kreatiwiteit wat in jou skuil, te gee. Alhoewel skryf baie persoonlik is, moedig ons leerders aan om daardie stukkie van hulself met ons te deel deur aan verskeie skryfkompetisies deel te neem.

Doelwit:
Ons doelwit is om leerders aan te moedig om nie hul skryftalent weg te steek nie, maar om dit in te skryf vir erkende skryfkompetisies sodat hul die nodige erkenning vir hul godgegewe talent kan kry.

Wie rig ons af?
Skryfkompetisies word deur die individu gedryf. Die organiseerder bied egter leiding wanneer die leerders daarvoor vra. Skryfkursusse deur eksterne aanbieders word ook aangebied.

Kompetisie deelname:

  • ATKV
  • ATKV-DigiSkryf
  • Beeld-skryfkompetisie
  • Pierneefteater Kunstefees
  • Poort

Oefentye:
Daar is nie vasgestelde oefentye nie. Die individu skryf op sy/haar eie tyd en handig betyds die skryfstukke by die organiseerder in.

Spesiale vereistes:
Geen. Solank as wat jy `n skryftalent het, kan jy deel van die skryfspan wees!

Addisionele kostes:
Inskrywingsfooie word deur die kompetisie self bepaal. Die skool betaal wel die affiliasiefooi.

Kontakbesondeerhede:
Elandri Pet (Afrikaans)
Elandri.pet@klofies.co.za

Annelize Vorster (Engels)
Annelize.vorster@klofies.co.za