Sportklere
Die aanlyn klere-aankope by Hoërskool Waterkloof vind al plaas vanaf 2020. By Hoërskool Waterkloof poog ons om alle prosesse vir u as ouers te vergemaklik.
Hiermee die aanlynaankope verskaffers en skakels:
- XCO aanlyn aankope: https://xcoklofie.co.za/
- Algemene sportdrag: LO-drag en skoolsweetpakke, netbaldrag, rugbydrag, hokkiedrag, tafeltennisdrag, tennisdrag, pette, kultuurdrag, ouerondersteunersdrag en flip flops.
- Sportsakke: Verskeie sportsakke ook beskikbaar
- Chasesport: https://www.chasesportswear.co.za/klofies
- Atletiekdrag
- Rugby & Hokkie opwarmingshemp – (Indien so bevestig deur afrigter)
Die volgende items is aanlyn beskikbaar: atletiekdrag, LO-drag en skoolsweetpakke, netbaldrag, rugbydrag, hokkiedrag, tafeltennisdrag, tennisdrag, sportsakke, boektasse, pette, kultuurdrag, ouerondersteunersdrag en flip flops.
HOE WERK DIE AANKOOPPROSES?
- U kind kan die sportklere by die Klofie-klerewinkel by die Sportburo op die skoolterrein vir die eerste aankope gaan aanpas. Daarna sal u weet watter grootte om te bestel.
- Plaas u aanlyn bestelling op die volgende skakel:
- XCO: https://xcoklofie.co.za/
- Chasesport: https://www.chasesportswear.co.za/klofies
- Daar is ook verskillende afleweringsopsies beskikbaar.
‘n Paar belangrike punte wat ons onder u aandag wil bring:
- Wedstryddrag: Die meeste sportsoorte se kleredrag (seuns én dogters) lyk dieselfde. Die doel hiermee is om die aankope sover as moontlik ekonomies te maak. Dus, indien u kind netbal sowel as hokkie speel, word dieselfde wedstrydklere gedra. Dit geld ook vir al die ander sportsoorte tydens wedstryde.
- Skoolsportdrag:
- Die LO-drag (verpligtend) is ‘n gholfersnithemp asook ‘n kortbroek vir seuns en dogters. Dit is baie netjies en sal ook as ‘n uitstappiehemp vir enige aktiwiteite gedra word.
- Die skoolsweetpak sal tydens praktiese LO-periodes asook by enige buitemuurse sportaktiwiteite gedra word. Die baadjie kan ook as ‘n uitstappiebaadjie gedra word.
- Swemklere: Die nuwe swemklere word tans by die Klofie-klerewinkel verkoop.