Tablette
Waar begin ek?
Kinders het ‘n keuse of hulle ‘n mobiele toestel wil gebruik om hulle handboeke te lees, notas te neem, akademiese vordering te volg en e-leer by Waterkloof te beoefen. Tablette is glad nie verpligtend nie en daar is slegs beperkte vakke wat oor e-boeke beskik.
Watter toestel is reg?
Om die maksimum nut uit die e-boek, leerstelsel en die skool se netwerk te kry, hou asseblief by die volgende riglyne rakende die tablet wat u vir u kind aankoop. Kies so ver moontlik ‘n bekende handelsmerk, die “no-name” produkte lewer nie altyd wat hulle in die advertensies belowe nie.