Aansoek om toelating 2021
AANLYN AANSOEKPROSES
Liewe voornemende Klofie-ouer,
Om u kind vir graad 8 (2021) by Hoërskool Waterkloof in te skryf, moet die volgende stappe gevolg word:
1. U word versoek om die aanlyn AANSOEK OM TOELATING vir Hoërskool Waterkloof te voltooi. Klik op die onderstaande skakel om die proses te begin. https://www.scadco.co.za/scadco2/home/admissionsbranded?id=0006
2. Die aanlyn aansoeke is vanaf Maandag 13 April 2020 beskikbaar.
3. Registreer uself op die bladsy waarna u ‘n tydelike wagwoord per e-pos en per SMS sal ontvang om sodoende die res van die aanlyn aansoek te voltooi. Voltooi asseblief die aansoek volledig.
4. Die skool versoek u om asseblief die hardekopie uit te druk, te onderteken en saam met die versoekte dokumente (soos onder gelys) in te handig by kantoor A6 sodra die skole weer heropen.
Dokumente wat die aansoek moet vergesel:
- Afskrif van u kind se geboortesertifikaat;
- Afskrif van beide biologiese ouers se ID-dokumente;
- Nuutste rapport of vorderingsverslag;
- Bewys van adres;
- Administrasiegeld van R1 500 kontant of per tjek;
- Bewys van registrasie op GDO online en waglysnommer (kan deurgegee word sodra die GDO aanlynplatform open).
5. Die administrasiegeld van R1 500 is kontant / per tjek betaalbaar. U aansoek om toelating by die skool is eers afgehandel wanneer bogenoemde afgehandel is.
6. Vakkeuses sal op ‘n latere stadium met u gekommunikeer word.
7. Let asb. daarop dat bogenoemde aanlyn aansoek nie verband hou met die GDO se aanlyn platform nie.
8. U word versoek om te registreer op die GDO se aanlyn platform vanaf 25 JUNIE 2020 tot 25 JULIE 2020.
Die webbladsy is: www.gdeadmissions.gov.za
- Registreer uself as ‘n ouer. Maak asseblief ‘n nota van u aantekenbesonderhede aangesien u weer op ‘n latere stadium gaan moet inteken op die GDO se aanlyn platform.
- Voltooi asseblief die inligting baie noukeurig aangesien geen regstellings moontlik is nadat u die aansoek ingedien het nie.
- Maak asseblief seker dat u die korrekte adres insleutel volgens ‘Google Maps’.
- Registreer u kind.
- As u reeds ‘n kind by ons in die skool het moet die betrokke leerder se inligting ook ingesleutel word.
- Kies die skool waarby u aansoek wil doen.
- U kan aansoek doen volgens:
- U huisadres;
- U werksadres;
- U kind se vorige laerskool;
- U reeds ‘n kind by ons in die skool het.
- U sal ‘n bewys van registrasie ontvang met die nodige waglysnommer. Die WA/WB-nommer moet asseblief op u kind se aanlyn aansoek ingesleutel word en opdateer word sodat die nommer op u kind se profiel by ons verskyn.
Hiermee die skakel waar u die aanlyn aansoek om toelating voltooi het:
https://www.scadco.co.za/scadco2/home/admissionsbranded?id=0006
Indien u onseker is hoe om bogenoemde registrasie te voltooi is u meer as welkom om ‘n afspraak met me. Junel van Staden te maak by finansies@klofies.co.za om u met hierdie proses behulpsaam te wees.