Aansoek om toelating vir graad 8 in 2024

AANSOEK OM TOELATING VIR GRAAD 8-LEERDERS IN 2024

Liewe voornemende Klofie-ouer

Om u kind vir graad 8 (2024) by Hoërskool Waterkloof in te skryf moet die volgende stappe gevolg word:

U word versoek om die aanlyn AANSOEK OM TOELATING vir Hoërskool Waterkloof te voltooi. 

Klik op die onderstaande button om die proses te begin.

  • Die aanlyn aansoeke is vanaf 13 April 2023 beskikbaar.
  • Registreer uself op die bladsy waarna u ‘n tydelike wagwoord per e-pos en per SMS sal ontvang om sodoende die res van die aanlyn aansoek te voltooi. Voltooi asseblief die aansoek volledig. Sodra u die aansoek aanlyn ingedien het sal u en die skool ‘n bevestigings e-pos ontvang.
  • Die skool versoek u om asseblief die hardekopie (9 bladsye) uit te druk, te onderteken en saam met die versoekte dokumente (soos onder gelys) per afspraak in te handig by kantoor A6 voor die sluitingsdatum 31 Augustus 2023.

Dokumente wat die aansoek moet vergesel:

  • Afskrif van u kind se geboortesertifikaat;
  • Afskrif van beide biologiese ouers se ID-dokumente;
  • Nuutste rapport of vorderingsverslag;
  • Bewys van adres;
  • Administrasiegeld van R1 500. Die bedrag vorm deel van 2024 se skoolgeld en is ten volle terugbetaalbaar indien u kind nie by Klofies geplaas word nie. Indien u nie die bedrag betaal wanneer die aansoek ingehandig word nie sal dit nie u kind se aansoek benadeel nie, maar moet die verpligting afgehandel wees teen die sluitingsdatum vir die GDO-aansoeke;
  • Bewys van registrasie op GDO se platform en waglysnommer.

Let asb. daarop dat bogenoemde aanlyn aansoek nie verband hou met die GDO se aanlyn platform nie, en u ook daarop moet registreer sodra die platform open.

Die aanlyn aansoeke vir graad 8 2024 via die Departement van Basiese Onderwys se webwerf open Donderdag 15 Junie 2023 – Vrydag 14 Julie 2023.

Die webbladsy is: www.gdeadmissions.gov.za.

Omdat ons u besonderhede het as u die aanlyn aansoek voltooi het, sal ons met u kan kommunikeer sodra ons meer inligting ontvang vanaf die GDO.

Indien u enige hulp benodig kontak gerus vir me. Junel van Staden by finansies@klofies.co.za.

Ouers word slegs per afspraak op die skoolterrein toegelaat om die hardekopie aansoek om toelating en dokumente te kom inhandig

Hoe om ‘n afspraak te maak om die inhandiging te kom doen:

  • Stuur ‘n e-pos aan finansies@klofies.co.za met u kind se naam en van asook die datum en tyd wat u graag die skool wil kom besoek om die inhandiging te kom doen.
  • U sal dan per e-pos bevestiging ontvang of die datum en tyd geleë is.
  • Ons kantoorure is:

Maandag – Donderdag: 08:00 – 13:00 en Vrydag 08:00 – 12:30

  • Ouers sal ‘n dag voor hul afspraak ‘n herinnering ontvang.
  • U moet asseblief by die parkeerarea naaste aan die sporthek parkeer en by die sporthek aanmeld waarna u afspraak op die lys bevestig sal word.

Baie dankie vir u samewerking! Ons sien uit om u by die Klofie-familie te verwelkom!

Aansoek om toelating vir graad 9- tot 12-leerders in 2024

AANSOEK OM TOELATING VIR GRAAD 9- TOT 12-LEERDERS IN 2024

Let asseblief daarop dat u kind se aansoek onderhewig is aan goedkeuring deur die Bestuur van die skool.

Om u kind vir graad 9 – 12 (2024) by Hoërskool Waterkloof in te skryf moet die volgende stappe gevolg word:

U word versoek om die aanlyn AANSOEK OM TOELATING vir Hoërskool Waterkloof te voltooi. 

Klik op die onderstaande button om die proses te begin.

  • Registreer uself op die bladsy waarna u ‘n tydelike wagwoord per e-pos en per SMS sal ontvang om sodoende die res van die aanlyn aansoek te voltooi. Voltooi asseblief die aansoek volledig. Sodra u die aansoek aanlyn ingedien het sal u en die skool ‘n bevestigings e-pos ontvang.
  • Die skool versoek u om asseblief die hardekopie (9 bladsye) uit te druk, te onderteken en saam met die versoekte dokumente (soos onder gelys) per afspraakin te handig by kantoor A6 sodat die aansoek deur die betrokke graadhoof en bestuur hanteer kan word.

Dokumente wat die aansoek moet vergesel:

  • Afskrif van u kind se geboortesertifikaat;
  • Afskrif van beide biologiese ouers se ID-dokumente;
  • Nuutste rapport of vorderingsverslag;
  • Gedragsrekord van vorige skool;
  • Bewys van adres;
  • Administrasiegeld van R1 500. Die bedrag vorm deel van 2024 se skoolgeld en is ten volle terugbetaalbaar indien u kind nie by Klofies geplaas word nie. Indien u nie die bedrag betaal wanneer die aansoek ingehandig word nie sal dit nie u kind se aansoek benadeel nie, maar moet die verpligting afgehandel wees sodra u kind se aansoek suksesvol is.

Indien u enige hulp benodig kontak gerus vir me. Junel van Staden by finansies@klofies.co.za.

Ouers word slegs per afspraak op die skoolterrein toegelaat om die hardekopie aansoek om toelating en dokumente te kom inhandig.