AANSOEK OM TOELATING VIR 2023

AANLYN AANSOEKPROSES

Liewe voornemende Klofie-ouer,

Om u kind vir 2023 by Hoërskool Waterkloof in te skryf, moet die volgende stappe gevolg word:

  1. U word versoek om die AANSOEK OM TOELATING vir Hoërskool Waterkloof te voltooi en te epos aan finansies@klofies.co.za
  2. Die dokumente moet die aansoek moet vergesel:
  • Afskrif van u kind se geboortesertifikaat;
  • Afskrif van beide biologiese ouers se ID-dokumente;
  • Nuutste rapport of vorderingsverslag;
  • Gedragsrekord van vorige skool (slegs van toepassing op gr 9 – 11 inskrywings)
  • Bewys van adres;
  • Administrasiegeld van R1 500.   Die bedrag vorm deel van 2023 se skoolgeld en is ten volle terugbetaalbaar indien u kind nie by Klofies geplaas word nie.
  • Bewys van registrasie op GDO online en waglysnommer (slegs van toepassing op gr 8 inskrywings)

Indien u enige hulp benodig kontak gerus vir me. Junel van Staden by finansies@klofies.co.za.

Ouers word slegs per afspraak op die skoolterrein toegelaat.

Hoe om ‘n afspraak te maak om die inhandiging te kom doen:

  1. Stuur ‘n e-pos aan finansies@klofies.co.za met u kind se naam en van asook die datum en tyd wat u graag die skool wil kom besoek om die inhandiging te kom doen.
  2. U sal dan per e-pos bevestiging kry of die datum en tyd geleë is.
  3. Ons kantoorure is: Maandag – Donderdag: 08:00 – 13:30 en Vrydag 08:00 – 13:00.
  4. U moet asseblief by die parkeerarea naaste aan die sporthek parkeer, en by die sporthek aanmeld waarna u afspraak op die lys bevestig sal word.
  5. Daar is saniteringspunte by die ingang van die kantoor waarvan u asseblief gebruik moet maak.

 

Baie dankie vir u samewerking! Ons sien uit om u by die Klooffamilie te verwelkom!