Indien ‘n leerder afwesig is, word verwag dat die ouers die kantoor voor 09:00 sal skakel, of ‘n brief aan die graadhoof sal rig. Na afwesigheid moet die leerder die eerste dag wat hy/sy die skool weer besoek, ‘n brief van sy/haar ouers aan sy/haar voogonderwyser oorhandig. Mediese sertifikate word vereis indien ‘n leerder meer as drie dae afwesig was.
Indien ‘n leerder afwesig is tydens geskeduleerde toetse of eksamen, moet ‘n mediese sertifikaat ingegee word.