Atletiek
Kontakpersoon: Bonnie Joyce
Kontakbesonderhede: 012 347 7707
Jaarlikse deelname: Die A- en B-span neem aan verskeie interskole kompetisies in Pretoria en teen ander topskole deel. Individuele atlete neem aan ligabyeenkomste deel.
‘n Oefenkamp word jaarliks gedurende die Desembervakansie by die see gehou waarby graad 7-atlete inskakel. Daaglikse oefentye binne seisoen: Maandag tot Vrydag 14:15 tot 16:00.
Fasiliteite: Grasbane, sintetiese aanlope vir ver- en hoogspring, groot pawiljoen, volledig toegeruste gimnasium, opgeleide sportwetenskaplikes en biokinetici asook fisioterapeute.
Prestasies: Die skool presteer jaarliks baie goed en het ook talle nasionale en internasionale kampioene opgelewer. Die afgelope 21 jaar het ons atlete dertien SA-rekords en sewentien SA-senior en 39 junior atlete, asook ‘n jeugwêreldkampioen en medaljewenners by die Jeug Olimpiese Spele en Jeug Statebondspele opgelewer. Daarbenewens was daar 508 provinsiale atlete en 356 medaljes op die SA-kampioenskappe.
Fiksheid: Atlete word gereeld deur sportwetenskaplikes by die skool getoets en kondisioneringsprogramme word vir hulle uitgewerk. Atlete oefen gratis in die skoolgimnasium.
ATLETIEKDRAG-PROSEDURE
Hoërskool Waterkloof is in die proses om die atletiekdrag te vernuwe. Alle Kloof-atlete moet dus vanaf 2020 in die nuwe atletiekdrag deelneem.
Daar is baie geleenthede vir leerders om atletiek te doen, dus motiveer ons atlete om deur die hele seisoen deel te neem. ‘n Betrokke Klofie is ‘n gelukkige Klofie.
Atletiekdrag kan by die tweedehandse klerewinkel op Dinsdae en Donderdae naskool tot 15:00 aangepas word, en kan vanaf 1 November aanlyn bestel word by www.klofies.co.za. Bestel asseblief reeds in November 2019 die atletiekdrag om te verseker dat die klere betyds in produksie is.
Verpligte kleredrag om in deel te neem is die volgende:
– Atletiekhemp (frokkie)
– Atletiek “tights”
– Atletieksokkies
Addisionele kleredrag wat aangekoop kan word is die volgende:
– Atletiekbroek
– Opwarmingshemp (word eers na die Dreyer Campbell-byeenkoms van 7 Februarie 2020 bestel)
– Driekwart dames “tights”
*Raadpleeg asb. die d6-Kommunikeerder vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m. datums en toernooie.