Bergfiets

Klofie-bergfietsryers is ‘n passievolle groep ryers wat almal saam aan verskeie bergfietsrybeenkomste deelneem.  Met uitstekende afrigters, het ons ‘n wenresep om sukses te verseker.

DOELWITTE
Ons beoog om Klofie-bergfietsryers weer die top bergfietsryspan in Suid-Afrika te maak. Ons beplan ook om ander fietsrydissiplines, soos padfietsry, deel van ons wenprogram te maak. Ons grootste mikpunt is om baie meer dogters vir ons span te werf.

AFRIGTING
Klofie-bergfietsryers oefen voltyds saam met Nicholas Delport van CoachOne. Nicholas is ‘n gekwalifiseerde Australian UCI vlak 1- en 2-afrigter met drie jaar ondervinding.  Ian Martin, wat ook aktief by die afrigting betrokke is, het meer as 30 jaar se afrigtingservaring.

DEELNAME
Klofies neem aan al vier Spur Bergfietsry-byeenkomste deur die loop van die jaar deel, asook aan die nasionale kampioenskap indien ons kwalifiseer – wat wel die afgelope paar jaar gebeur het.

Om vordering te bepaal, word ‘n Ratteresies gehou wat bydra tot die verkiesing van ‘n eerstespan. ‘n Jaarlikse pretwedren word by die skool aangebied, asook ‘n bergfietsrykamp.

Bergfietsryers verteenwoordig ook die skool by verskeie ander wedrenne wat in en om Pretoria, asook landwyd aangebied word. Inligting oor dié byeenkomste word as ‘n buitesport op kommunikasiegroepe deurgegee.

OEFENTYE
Klofie-bergfietsryers oefen op Dinsdae en Donderdae vanaf 16:15 tot 17:30 by Wolwespruit. Leerders ry as ‘n groep, met onderwyser- en ouerbegeleiding, saam van die skool af daarheen.

KOSTE EN TOERUSTING
‘n Betroubare fiets en al die nodige veiligheidsapparaat (valhelm, handskoene, fietsryskoene en/of hardlooptekkies) en ‘n swart fietsrybroek word benodig.

Die inskrywingsfooi vir die Spur-reeks beloop R900 per jaar, wat onder andere ‘n Klofie-fietsryhemp, vervoer na en van die ligabyeenkomste en verversings by wedrenne insluit. ‘n Jaarlikse bedrag van R450 vir ‘n toestemmingsbordjie om by Wolwespruit te mag oefen, is ook betaalbaar. Dié bordjie kan enige tyd gebruik word om by Wolwespruit te oefen.

NAVRAE
FJ Brand
fj.brand@klofies.co.za