Boogskiet
BOOGSKIET is ‘n sportsoort wat in 2020 by Kloof bekendgestel is. Daar is alreeds meer as 35 Klofies wat aan dié unieke sportsoort deelneem. Die grondslag is gelê en daar is ‘n groot afwagting om boogskiet grensloos te laat groei. Klofies het oor die afgelope drie jaar verskeie nasionale skuts asook drie wêreldkampioene opgelewer.
DOELWITTE
Groeipotensiaal, waar geleentheid aan elke skut gegee word om ‘n eie boog te besit en op provinsiale, nasionaal en internasionale vlak deel te neem, te kompeteer en te presteer, is die norm.
‘n Samewerkingsooreenkoms met Archer’s Edge in Moreletapark bied aan Klofies die geleentheid om diep spore in die boogskietwêreld te trap. Tussen Luzanne Grant, professionele boogskutter, en Redge Grant, eienaar, is daar genoeg kennis en ondervinding om wenners by Hoërskool Waterkloof te kweek.
DEELNAME
Kompetisies waaraan deelgeneem word:
- IFAA Indoor
- IFAA Field
- ABO
- 720
OEFENTYE
Maandae: 14:30 tot 16:00 te Archer’s Edge (Wekkerstraat 800, Moreletapark).
SPESIALE VEREISTES
Leerders moet hulle eie boog besit. Daar is ‘n afbetalingsopsie by Archer’s Edge beskikbaar.
Skoolbusvervoer daarheen en terug na die skool toe, is beskikbaar.
KOSTES
Aangesien ons by Archer’s Edge gaan skiet, is hulle bereid om ons ten opsigte van koste tegemoet te kom.
- Registrasie by Archer’s Edge (sonder hemp): R70 per jaar
- Waterkloof / Archer’s Edge deelnamehemp (sluit registrasie in): R500
Baanoefenfooie beloop R1 500 per jaar of R500 x 3 maande afbetaalbaar. Hulp en/of afrigting vind op Maandae, met die bewys van ‘n lidmaatskapkaart, asook besit van eie toerusting, plaas. Indien ‘n leerder sy/haar eie toerusting het, kan daar ook enige ander dag van die week geskiet word, maar geen hulp/afrigting sal verleen word nie en ‘n R70-fooi, asook bewys van lidmaatskap is betaalbaar.
Indien ‘n leerder nie boogtoerusting het nie en eers die gevoel van boogskiet wil kry, bied Archer’s Edge die opsie dat ‘n boog per sessie gehuur kan word. Dit sluit die gebruik van die boog, ‘n instrukteur, asook ‘n afrigtingsessie van 90 minute teen R395, in. Dit is ideaal vir ‘n beginner om belangstelling in die sportsoort te bepaal en help ook om die basiese beginsels vas te lê.
NAVRAE
Muller van der Nest
muller.vandernest@klofies.co.za
Jaco Labuschagne
jaco.labuschagne@klofies.co.za
Redge Grant
Eienaar: Archer’s Edge
082 378 0539
redge@archersedge.co.za