Dans

Hoërskool Waterkloof se Dansakademie bied n veilig tuiste aan dansers waar hulle hul kreatiwiteit en talente kan ontwikkel. Ons waardes – integriteit, lojaliteit, eerlikheid en respek vorm die vier pilare waarop die dansakademie vir meer as 30 jaar rotsvas staan. As die top dansakademie in die land is ons standaard van onderrig ons top prioriteit. Ons moedig elke danser aan om hul volle potentiaal te bereik en daagliks hul vrome na te streef. Elke danser vorm deel van ons spesiale dansfamilie, waar ons herinneringe bou wat n leeftyd hou.

Die Dansakademie bied Dans as vak in skooltyd aan vir
Gr.8-12.
Gr.8 en 9 as n keusevak aangebied
Gr.10-12 as hoofvak aangebied.

Daar word n goedkeuringsproses gevolg waar oudisies gehou vir Gr.8. Die voorvereistes is dat U kind hul Intemediate Foundation of Gr.5 ballet eksamen geslaag het. Ons neem ook in ag dat verskeie leerders nog nie Ballet onderrig ontvang het nie, en daarom kyk ons dan na die SABOD Moderne Eksamens wat geslaag is en natuurlike talent.

Die vaklesse bestaan uit twee komponente: Prakties en Teoreties. – Praktiese vaklesse word aangebied in Ballet, Jazz en Kontemporêre Dans. – Die teoretiese onderrig spesialiseer in anatomie, dans en teater geskiedenis, toegepadse kennis en dieëtkunde.

Ballet Buitemuurs:
RAD Ballet Klasse: – Die Royal Academy of Dance syllabus word na skool in die danslokaal aangebied. Die klasse strek vanaf Pre-Primary tot Advanced 2 – Dans as vak is nie n voorvereiste om aan die klasse deel te neem nie. – Dansers kan aan die einde van die jaar deur die studio hulle RAD danseksamen voltooi. – Ons moedig dansers aan om hulle Intermediate eksamen te slaag. Die eksamens stel dansers in staat om hulle RAD Dance Teachers kwalifikasie na skool te kan voltooi. – Die RAD is n wêreldbekende organisasie wat n hoë Ballet standaard handhaaf. Dit is daarom belangrik dat die standaard tydens klas en in ons onderrig weerspieël word. – ‘n Addisionele fooi word vir klasse en eksamens gehef. Verdere inligting kan by die organiseerser aangevra word.

Moderne Dans Buitemuurs:
SABOD Moderne Dansklasse: – Die South African Body of Dance Moderne Dans syllabus word na skool in die danslokaal aangebied. Die klasse strek van Gr.7 tot Gr.12 – Dans as vak is nie n voorvereiste om aan die klasse deel te neem nie. – Dansers kan aan die einde van die jaar deur die studio hulle SABOD danseksamen voltooi. – Ons moedig dansers aan om hulle Moderne Danseksamens te slaag om hulle vaardighede te ontwikkel en dansstyl te verbeter. – Die voltooide SABOD eksamens stel dansers in staat om hul SABOD teachers kwalifikasie te kan bekom. – ‘n Addisionele fooi word vir klasse en eksamens gehef.

Kleredrag:
Ballet: ‘n Leotard, pink ballet sykouse, canvas ballet skoene, haar knippies vir bolla. Pointe shoes sal volgens eksamen vlak aangekoop word Moderne Dans: ‘n Swart leotard, swart lycra tights , half shoes of dance paws, haar knippies vir bolla. Kontemporêre Dans: ‘n Swart leotard, swart lycra tights, knee pads, half shoes of dance paws., haar knippies vir bolla

NAVRAE
Michelle Naude – Organiseerder
michelle.naude@klofies.co.za