TOELATINGSVEREISTES
Leerlinge kan nie in graad 8,9 en 10 eers met DANS as vak begin nie, daarom is alle voornemende kandidate onderworpe aan ‘n keuringsproses. Leerlinge wat alreeds in graad 8 en 9 dans as vak geneem het, word op grond van prestasie in die vak gekeur, andersins word daar aanbeveel dat ‘n leerder op minimum graad 5 of Intermediate Foundation praktiese vlak moet wees om sukses te behaal. ‘n Addisionele heffing word na skoolgeld gehef.
Voldoende talent, fokus en doelgerigtheid is ‘n voorvereiste. Oudisies word afgelê. Ekstra buitemuurse balletklasse is verpligtend omdat kontaktyd tydens skooltyd onvoldoende is. Leerders moet ‘n goeie agtergrond in dans hê in genres soos ballet of modern en moet dans eksamens geslaag het tot op graad 5 vlak of Intermediate Foundation.