Dissipline

  • Die skool is ‘n geordende gemeenskap en tree altyd gedissiplineerd op – dit is bevorderlik vir prestasie. Die beste is selfdissipline en daarom streef ons tot ons eie voordeel en tot voordeel van mekaar, altyd daarna. Die samewerking van elke leerder, ouer en onderwyser word vriendelik gevra.

Dissipline is daarop gerig om die leerder ten beste vir die lewe voor te berei. Om te dissiplineer beteken om op te voed.  Straf is maar net ‘n tydelike deel van dissipline: ‘n korttermynmaatreël om die leerder van verkeerde optrede te weerhou.

Ouers is primêr verantwoordelik vir die dissipline van hulle kind en moet saam met die kind oplossings vir probleme vind.

ALGEMEEN

By Hoërskool Waterkloof streef ons daarna om ‘n kultuur vir effektiewe onderrig en leer daar te stel waar vakinhoude vir leerders in ‘n gedissiplineerde onderrigsituasie ontsluit word.  Dit moet vir onderwysers en leerders lekker wees om in so ‘n klassituasie onderrig te gee en te kan ontvang.

Hierdie waardes en norme vir die gedrag van beide onderwysers en leerders moet, soos vervat in die Onderwyswet, “‘n nie-rassige demokratiese en dinamiese onderwys wees, wat ons in staat sal stel om verantwoordelike volwassenes, ouers en lede van die gemeenskap te wees”.

Die skool beskerm ook die regte van leerders en onderwysers in die daarstelling van ‘n harmoniese en nederige verhouding waarbinne wedersydse respek tussen onderwysers, leerders en ouers sal heers; asook waarin samewerking en vertroue tydens die leerproses sal geskied.

SKOOLREËLS EN DISSIPLINE IN SKOLE

Gedragskode vir leerders

Art. 8[2] van die SA Skolewet, 1996, wys daarop dat ‘n gedragskode vir leerders daarop gemik moet wees om ‘n gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing, wat toegewy is aan die bevordering en instandhouding van die gehalte van die “leerproses”, te vestig.

Die Skolewet plaas die onus op die Beheerliggaam om ‘n gedragskode vir leerders te aanvaar.  Dit is egter belangrik om daarop te let dat finalisering eers na oorleg met die leerders, ouers en opvoeders kan geskied. Dit is egter futiel om bepalings in die kode te plaas wat nie versoenbaar is met die toepaslike wetgewing nie.

Leerders word volgens wet verplig word om die bepalings in die gedragskode na te kom. Die skriftelike gedragskode moet in die besit van elke leerder en ouerhuis wees.

Bepalings van ‘n behoorlike regsproses

By enige tughandeling geld bepaalde universele grondbeginsels, wat in elke tugsituasie nagekom moet word.

Die volgende riglyne kan in die samestelling van ‘n regsproses oorweeg word:   ‘n Persoon wat aangekla word behoort die reg te hê op –

  • ‘n behoorlike geformuleerde klag wat aan hom/haar beteken word;
  •  voldoende tyd om sodanige klagte te oorweeg en, veral in die geval van ‘n minderjarige, met die bystand en raadpleging van die ouers en ook regsadviseurs, indien nodig;‘n behoorlike dissiplinêre verhoor met ‘n onbevange en onpartydige voorsitter of liggaam;
  • ‘n geleentheid om sy/haar kant van die saak volledig en sonder onderbreking of intimidasie te stel;
  • ‘n behoorlike kruisverhoor en om getuies te roep indien hy/sy dit verkies;
  • ‘n onbevooroordeelde en objektiewe uitspraak; en
  • ‘n appèl  deur ‘n onbevange en onpartydige persoon of liggaam.

 Doelwit    

Om die leerders tot verantwoordelike selfstandige besluitneming op te voed. In hierdie proses moet die ouerhuis en skool dinamies saamwerk. ‘n Sterk pligsbesef moet by die leerders gekweek en aangemoedig word, aangesien daar ‘n baie nou verband tussen swak pligsbesef, onaanvaarbare gedrag en swak vordering op skool is.

Debietstelsel

Alle oortredings is ernstige oortredings wat kan veroorsaak dat ‘n leerder [met 150 punte of meer] geskors of uit die skool gesit kan word.

  • Indien ‘n leerder wel meen dat hy/sy onregverdig behandel is, mag hy/sy appèl aanteken by die adjunkhoof verantwoordelik vir dié graad.  Hierdie appèl moet binne 24 uur geskied.
  • Alle debietpunte word deur die leerder onderteken, waarmee hy/sy erken dat dit die waarheid is wat aangeteken is. ‘n Kort beskrywing van die gebeure word ook aangeteken.
  • Indien ‘n leerder weier om te teken en sy appèl misluk, word die punte dadelik aangeteken.
  • Elke Woensdag word ‘n drukstuk van die leerder wat 50 debiete het, aan die graadhoof gegee.
  •  Leerders wat vir detensie kwalifiseer, sal op die laatste tydens grade-openinge op Woensdae kennisgewings ontvang om vir detensie aan te meld.   Dié kennisgewing bevat ‘n afskeurstrokie wat vir kennisname deur die ouer geteken en teruggestuur moet word skool toe.
  • Graadhoofde/fasehoofde van elke graad neem die rekenaardrukstuk en roep die betrokke leerder uit, verduidelik prosedure en oorhandig rekenaardrukstuk aan kind om aan ouers te gee vir kennisname en ontvangserkenning
  • Sodra ‘n leerder dus 50 debietpunte het, word ‘n drukstuk na die ouerhuis gestuur wat deur die ouers onderteken moet word
  • Sodra ‘n leerder 75 debietpunte  het, ontvang die ouer ‘n verdere skrywe en die leerder word onder ‘n remediërende program geplaas.  Die Instituut vir Tiener- en Jong Volwassene Leiding sal hier professionele leiding gee.
  • Sodra ‘n leerder ‘n oortreding begaan wat  veroorsaak dat hy/sy 100 debietpunte bereik, word sy/haar geval verwys na die Dissiplinêre Komitee: Debietpunte of die Dissiplinêre Komitee: Ernstige Oortredings om gestraf of verhoor te word.
  • Op 150 debietpunte word weereens kontak met die ouers gemaak. Die geval word weereens na een van die dissiplinêre komitees verwys vir verdere stappe.
  • Leerders wie se onderwyser afwesig is, moet volgens hul toesigrooster op toesig gaan. Hulle mag hoegenaamd nie buite klaslokale wees nie. Leerders mag slegs buite die klas wees indien hulle in besit is van ‘n formele getekende toestemmingsbrief wat deur ‘n personeellid ingevul is.
  •  ‘n Leerder wat 30 debietpunte geakkumuleer het, sit detensie. Hy/sy het dus grasie tot op 30 debietpunte voor hy/sy, sy/haar eerste detensie sit. Daarna ‘n detensie per 10 debietpunte.
  • Alle debietpunte sal op rapporte en ander amptelike dokumente aangedui word.
  • Indien ‘n leerder 50 debietpunte het, sal hy/sy nie in aanmerking kan kom vir leierskapsposisies nie. (VLR en Klofieraad)
  • Slegs die vierde kwartaal se geakkumuleerde punte word oorgedra na die volgende jaar.   Indien ‘n leerder aan die einde van die eerste kwartaal van die volgende jaar geen addisionele punte bygekry het nie, verval alle punte en begin sulke leerders weer op ‘n nulstaat.
  • Leerders wat 50 punte geakkumuleer het, mag nie vir Erekleure in aanmerking kom nie.  Leerders wat reeds Erekleure het, se dra van Erekleure word opgeskort tot die volgende jaar.  [50 debietpunte –  6 maande en 75 debietpunte  –  1 jaar]
  • Leerders wat 75 debietpunte geakkumuleer het, verbeur bloktyd.

Ouers word vriendelik versoek om ons te ondersteun met die implementering van hierdie stelsel. Dit is belangrik dat die ouerhuis saam met die skool werk aan die verbetering van die leerder se gedrag of probleme.

Kredietpunte

Dit word gebruik om positiewe samewerking onder die leerders te stimuleer. Leerders kry ‘n Ek was daar daar (EWD) boekie waarin hulle kredietpunte aangeteken word.

Kredietpunte word weekliks ingelees deur die voogonderwyser. Indien ‘n leerder meer as 30 debietpunte voor die einde van die maand het, moet hy/sy eers sy/haar detensies sit totdat die kredietpunte ingelees kan word.

Tugmaatreëls

Tug wat opgelê mag word, sluit die volgende in, maar is nie daartoe beperk nie:

Toekenning van debietpunte.

Dra van vorderingsverslag.

Detensie: dit word word op Vrydagmiddae gehou vir leerders wat daarvoor kwalifiseer  [vir 2 ure van 14:00 tot 16:00 by die skool onder toesig].  Daar sal besluit word of hulle moet studeer of ander werk moet verrig.

Verbeuring van bloktyd.

Verbod op dra van Erekleure.

Verbod op deelname aan sekere skoolaktiwiteite (bv. sport).

Skorsing en uitsetting: Die SA Skolewet bepaal dat ‘n beheerliggaam na ‘n regverdige verhoor, ‘n leerder van bywoning van die skool kan skors – as ‘n korrektiewe maatreël vir ‘n tydperk van hoogstens een week; of in afwagting van ‘n beslissing deur die Departementshoof [Onderwyshoof] of die leerder uit die skool gesit moet word op grond van ‘n skuldigbevinding aan ernstige wangedrag. Skorsing bly ‘n tydelike maatreël, terwyl uitsetting ‘n permanente maatreël is.

Kombinasie van bovermelde.

Vlakke van dissiplinêre optrede

Leiers, onderwysers, graadhoofde, departementshoofde en adjunkhoofde.

Dissiplinêre Komitee: Debietpunte

Hierdie komitee is aangewys deur die Bestuursliggaam om dissiplinêre ondersoeke van wangedrag deur leerders te hanteer waar skorsing en uitsetting nog nie oorweeg word nie en om ‘n gepaste straf vir ‘n oortreding wat ‘n leerder by 100 of meer debietpunte gebring het, toe te ken. Die leerder se vorige oortredings en die strawwe daarvoor reeds opgeloop, word by die bepaling van die gepaste straf in ag geneem. Die Hoof kan egter te eniger tyd besluit dat ‘n leerder met 100 of meer debietpunte voor die Dissiplinêre Komitee: Ernstige Oortredings moet verskyn. Die Dissiplinêre Komitee: Debietpunte kan ook by die Hoof sodanige aanbeveling maak t.o.v. enige geval wat voor die komitee dien. Dissiplinêre Komitee: Ernstige Oortredings.

Hierdie komitee is soos voorgeskryf deur die Provinsiale Koerant 144 van 4 Oktober 2000 i.t.v. die Skolewet (84/1996). Die komitee hou formele, volwaardige dissiplinêre verhore (aanklagte, pleit, lei van getuienis, kruisverhoor, skuldig-/onskuldigbevinding, oplê van straf) in ernstige gevalle waar skorsing en uitsetting ‘n wesentlike moontlikheid is. Die komitee is deur die Bestuursliggaam aangewys en bestaan uit drie lede wat almal lede van die Bestuursliggaam moet wees of bevoeg is om daartoe verkies te word. Die voorsitter van dié komitee moet ‘n ouerlid van die Bestuursliggaam wees. ‘n Aanklaer word deur die hoof aangewys.

Ernstige oortredings behels dwelmgebruik of -misbruik, lasterlike kommunikasie, besoek van onwelvoeglike webtuistes, in besit van pornografie, drankgebruik of -misbruik, in besit van alkohol, in besit van vuurwapens, diefstal, eerkrenking.

Bogenoemde geld ook vir wanneer leerders die skool verteenwoordig op enige uitstappie, toer of kamp.

  • ‘n Behoorlike geformuleerde klag wat aan hom/haar beteken word;

  • voldoende tyd om sodanige klag te oorweeg en, veral in die geval van ‘n minderjarige, met die bystand en raadpleging van die ouers en ook regsadviseurs, indien nodig;

  • ‘n behoorlike dissiplinêre verhoor met ‘n onbevange en onpartydige voorsitter of liggaam;
  • `n geleentheid om sy/haar kant van die saak volledig en sonder onderbreking of intimidasie te stel;
  • ‘n behoorlike kruisverhoor en om getuies te roep indien hy/sy dit verkies;
  • ‘n onbevooroordeelde en objektiewe uitspraak; en
  • ‘n appèl  deur ‘n onbevange en onpartydige persoon of liggaam.
  • Om die leerders tot verantwoordelike selfstandige besluitneming op te voed. In hierdie proses moet die ouerhuis en skool dinamies saamwerk.
  • Om ‘n sterk pligsbesef by die leerders te kweek en aan te moedig, aangesien daar ‘n baie nou verband tussen swak pligsbesef, onaanvaarbare gedrag en swak vordering op skool is.
  • A-oortredings is ernstige oortredings wat kan veroorsaak dat ‘n leerder [met 150 punte of meer] geskors of uit die skool gesit kan word.
  • Indien ‘n leerder wel meen dat hy/sy onregverdig behandel is, mag hy/sy appèl aanteken by die adjunkhoof verantwoordelik vir dié graad.  Hierdie appèl moet binne 24 uur geskied.
  • Alle debietpunte word deur die leerder onderteken, waarmee hy/sy erken
  1. dat dit die waarheid is wat aangeteken is. ‘n Kort beskrywing van die gebeure word ook aangeteken.
  2. Indien ‘n leerder weier om te teken en sy appèl misluk, word die punte dadelik aangeteken.
  3. Elke Woensdag word ‘n drukstuk van die leerder wat 50 debiete het, aan die voogonderwysers gegee.
  4. Leerders wat vir detensie kwalifiseer, sal op die laatste tydens graad-openinge op Woensdae kennisgewings ontvang om detensie te doen.   Dié kennisgewing bevat ‘n afskeurstrokie wat vir kennisname deur die ouer geteken en teruggestuur moet word skool toe.
  5. Graadhoofde/adjunkhoofde van elke graad neem die rekenaardrukstuk en roep die betrokke leerder uit — verduidelik prosedure en oorhandig rekenaardrukstuk aan kind om aan ouers te gee vir kennisname en ontvangserkenning.
  6. Sodra ‘n leerder dus 50 debietpunte het, word ‘n drukstuk na die ouerhuis gestuur wat deur die ouers onderteken moet word.
  7. Sodra ‘n leerder 75 debietpunte  het, ontvang die ouer ‘n verdere skrywe en die leerder word onder ‘n remediërende program geplaas.  Die Instituut vir Tiener- en Jong Volwassene Leiding sal hier professionele leiding gee.
  8. Op 100 debiete word ‘n afspraak met die ouers gemaak en ‘n gesamentlike poging word aangewend om die leerder te help.
  9. Sodra ‘n leerder ‘n oortreding begaan wat  veroorsaak dat hy/sy 100 debietpunte bereik, word sy/haar geval verwys na die Dissiplinêre Komitee: Debietpunte of die Dissiplinêre Komitee: Ernstige oortredings om gestraf of verhoor te word.
  10. Op 125 en 150 debietpunte word weereens kontak met die ouers gemaak. Die geval word weereens na een van die dissiplinêre komitees verwys vir verdere stappe.
  11. Leerders wie se onderwyser afwesig is, moet volgens hul toesigrooster op toesig gaan. Hulle mag hoegenaamd nie buite klaslokale wees nie.
  12. ‘n Leerder wat 30 debietpunte geakkumuleer het, sit detensie. Hy/sy het dus grasie tot op 30 debietpunte voor hy/sy, sy/haar eerste detensie sit. Daarna ‘n detensie per 10 debietpunte.
  13. Alle debietpunte sal op rapporte en ander amptelike dokumente aangedui word.
  14. Indien ‘n leerder 50 debietpunte het, sal hy/sy nie in aanmerking kan kom vir leierskapsposisies nie.
  15. Slegs die vierde kwartaal se geakkumuleerde punte word na die volgende jaar oorgedra.  Dit geld vir A- sowel as B-kategorie oortredings.   Indien ‘n leerder aan die einde van die eerste kwartaal van die volgende jaar geen addisionele punte bygekry het nie, verval alle punte en begin sulke leerders weer op ‘n nulstaat.
  16. Leerders wat 50 punte geakkumuleer het, mag nie vir Erekleure in aanmerking kom nie.  Leerders wat reeds Erekleure het, se Erekleuredrag word opgeskort tot die volgende jaar.  [50 – 6 maande en 75 – 1 jaar]
  17. Leerders wat 75 punte geakkumuleer het, verbeur bloktyd.
  18. Ouers word vriendelik versoek om ons te ondersteun met die implementering van hierdie stelsel. Dit is belangrik dat die ouerhuis saam met die skool werk aan die verbetering van die leerder se gedrag of probleme.
  • Toekenning van debietpunte.
  • Dra van vorderingsverslag.
  • Detensie: dit word op Vrydagmiddae gehou vir leerders wat daarvoor kwalifiseer  [van 14:00 tot 17:00 by die skool onder toesig].  Daar sal besluit word of hulle moet studeer of ander werk moet verrig.
  • Verbeuring van bloktyd.
  • Verbod op dra van Erekleure.
  • Verbod op deelname aan sekere skoolaktiwiteite (bv. sport).
  • Skorsing en uitsetting: Die SA Skolewet bepaal dat ‘n beheerliggaam na ‘n regverdige verhoor, ‘n leerder van bywoning van die skool kan skors – as ‘n korrektiewe maatreël vir ‘n tydperk van hoogstens een week; of in afwagting van ‘n beslissing deur die Departementshoof [Onderwyshoof], of die leerder uit die skool gesit moet word, op grond van ‘n skuldigbevinding aan ernstige wangedrag. Skorsing bly ‘n tydelike maatreël, terwyl uitsetting ‘n permanente maatreël is.
  • Kombinasie van bovermelde.
  • ‘n Ouer wat as voorsitter optree (wat lid is van die  Bestuursliggaam of bevoeg is om daartoe verkies te word);
  • ‘n Adjunkhoof.
  • ‘n Graadhoof (van dié graad waartoe die leerder behoort).
  • assosieer ek my nie met enige wandade nie en verwerp ek alle dade van geweld, vandalisme en ander onwelvoeglikhede teenoor my skool.
  • my te onderwerp aan die skooldissipline en skoolreëls [Aanhangsel A] soos deur die dissiplinebeleid [Aanhangsel B] van die skool bepaal, en stem ek saam met die skool en grondwet se tugstelsel. [Volgens die Nasionale Onderwysgedragskode bestaan tug uit teregwysing, tydelike opskorting van klasonderrig tot ‘n maksimum van drie maande en tydelike skorsing.  Skorsing en uitsetting sal geskied volgens die gedragskode en dissiplinestelsel soos deur die Skolewet voorgeskryf];
  • betyds te wees vir skool en slegs volgens die bepaalde skoolrooster te handel en korrek te verdaag.  Kwytskelding van verpligte onderrigtyd moet met die nodige dokumentasie en goedkeuring geskied alvorens vrywaring tot verlof toegestaan sal word;
  • my onderwyser/es en medeleerders te respekteer;
  • my huiswerk, klaswerk, toetse/eksamens en enige ander akademiese opdragte nougeset uit te voer;
  • te help met die instandhouding en vernuwing van my skool;
  • my te onderwerp aan billike versoeke soos deur die Leierraad, Verteenwoordigende Leerderraad en onderwysers aan my opgedra, bv.  opruiming, lesvoorbereiding;
  • in buiteskoolse verband altyd so op te tree dat ek die naam van die skool sal uitdra;
  • nie enige dwelms of drank skool toe te bring, te versprei of op die skoolterrein te gebruik nie en my aan willekeurige dwelmtoetse en deursoeking deur die SAPD te onderwerp soos dit sporadies deur die skoolbestuur nodig geag mag word.
  • sonder enige toestemming die skoolterrein, geboue of fasiliteite te gebruik nie;
  • enige skooleiendom te beskadig of te steel nie, wat volgens die regstelsel ‘n kriminele oortreding is, of sonder toestemming enige apparatuur te verwyder nie;
  • medeleerders of onderwysers te intimideer, dreig of af te knou nie, asook om my nie skuldig te maak aan wangedrag wat die klasatmosfeer en leerproses benadeel nie;