Drama, Toneel en Filmproduksie

SPOG
SPOG is ‘n jaarlikse instelling waar die graad 12-dramaleerders meeding vir die top drie items van die jaar. Vyftien items van musiekteater en monoloë tot dramatiese dialoë en komedies spook dit uit vir die eerste drie plekke. Die aand sorg vir groot vermaak en is die hoogtepunt op ons dramakalender. SPOG word in ons eie Kultuursentrum aangebied.

ELDO-TONEELFEES
Ons neem jaarliks aan die Eldo-toneelfees deel, ‘n toneelkompetisie vir eenbedrywe wat in samewerking met Aardklop Pronk Podium deur Hoërskool Eldoraigne aangebied word.

ATKV-TIENERTONEEL
Hierdie projek van die ATKV bied aan leerders ’n platform vir talentontwikkeling en is ‘n nasionale eenbedryfkompetisie waaraan skole regoor die land deelneem.

SILWERSKERMFEES
Hoërskool Waterkloof vervaardig, soos wat begroting dit toelaat, ‘n vrystelfilm waarby enige leerder, voor of agter die skerms, betrokke kan wees. Film as deel van Drama as vak, gee leerders die geleentheid om hul eie films te vervaardig

KONTAKBESONDERHEDE
Carla van Staden
carla.vanstaden@klofies.co.za