E-sport

E-sport word reeds vanaf 2021 by Hoërskool Waterkloof aangebied. Die is een van die vinnig groeiendste sporte in die wêreld. Hoërskool Waterkloof is een van die min skole wat e-sport as volwaardige sport ondersteun.

Vandat E-sport by Hoërskool Waterkloof aangebied word, het ons reeds vier semifinale in twee kategorieë in die Nasionale High School E-sports League, behaal. Die Overwatch 2-span het die informele kampioenskappe by die Rage Gaming Festival, aan die einde van 2022, gewen. Een van Klofies se voormalige Rocket League eerstespanspelers, Hendré de Kock, het ook einde 2021 aan ‘n interkontinentale Rocket League-toernooi deelgeneem waar hy as die algehele wenner van die suidelike halfrond aangewys is. Hendré het na afloop van hierdie toernooi ‘n oorsese reis gewen om aan die internasionale Rocket League-kampioenskappe te gaan deelneem.

PRESTASIES
• Counter Strike Global Offensive
  o 2024 derde beste span nasionaal,
  o 2023 nasionale wenners van die Telkom VS Gaming-toernooi.
• Rocket League
  o 2024 naasbeste spanin die land
  o 2023 nasionale wenners van die Telkom VS Gaming-toernooi.
• Rage Gaming Festival 2022 Overwatch 2
  o Toernooi-wenners.
• IPSET (Noord-suid Toermooi)
  o Algehele wenners

DOELWITTE
E-sport het ten doel om dié sportsoort te wees waar leerders wat wel aan die hoofstroomsportsoorte wil deelneem, steeds die geleentheid kan kry om hulself op nuwe gebiede uit te leef. Ons doelwit is ook om ontwikkeling in die area te bied waar tegnologie reeds ontwikkel is waar gaming ‘n suksesvolle en winsgewende beroep vir jongmense geword het. Ons is op die voorgrond van die vierde industriële revolusie en leerders word blootgestel en ontwikkel vir die beroepswêreld van môre.Elke speletjie het ook ‘n Kaptein, wat verantwoordelik is vir die reël en organiseer van wedstryde en ander administrasie. Spelers lei spelers op. Ons beoog om Casting en Streaming te ontwikkel van 2026.

DEELNAME
Kompetisies waaraan deelgeneem word:
• Nasionale Hoërskole Liga’s (Februarie tot September)
• Rage Gaming Festival-toernooi (November)
• Noord-Suid Toernooi (Vanaf 2024)

OEFENTYE
Oefeninge vind ten minste twee keer per week aanlyn plaas. Spanne reël ondermekaar met ‘n leier of mentor vir skeidsregting tydens die oefening. Oefeninge is so geformuleer sodat leerders van die huis af op hulle eie toerusting in spanformaat kan oefen en is so geskeduleer dat dit nie inmeng met ander akademiese verpligtinge of sportsoorte nie.

SPESIALE VEREISTES
• Leerders moet hulle eie gaming-toerusting besit met ‘n aanlyn netwerkfasiliteit vir oefening en deelname vanaf die huis.
• Skoolbusvervoer na formele kompetisies vanaf die skool en terug, is beskikbaar.

KOSTES
Leerders betaal ‘n eenmalige jaarlikse registrasiefooi. Kwartaal een word ‘n e-sport boot-camp aangebied. Kwartaal twee word ‘n Meestersklas aangebied. Kwartaal drie word proewe aangebied om die oefenspanne gereed te kry vir 2026.

NAVRAE
Lou-Ann Hern
Organiseerder
lou-ann.hern@klofies.co.za