Fotografie
WAT BEHELS FOTOGRAFIE?
Die Klofie-fotograwe is ‘n hegte groep leerders wat hulle passie vir fotografie agter die lens uitleef.
Die Klofie-fotograwe het die geleentheid om foto’s by alle skoolaktiwiteite af te neem. Hul fokus op pret-, kultuur- en sportaktiwiteite wat by die skool plaasvind. Fotograwe se foto’s word in die Klofiekan en op sosiale media platforms gepubliseer.
Nuwe lede wat geen ondervinding het nie vorm deel van die Klofie-fotograwe in opleiding en ontvang die nodige advies wat hulle in staat stel om foto’s van gehalte te neem.
KOMPETISIE DEELNAME
Die fotograwe het die geleentheid om deel te neem aan die volgende kompetisies:
- Die FAK-ekspo
- Centurion Kunstefees
- Netwerk24 se skolenuuskompetisie
VEREISTES VIR DEELNAME
Alle leerders wat entoesiasties oor fotografie is, is welkom om deel te word van die Klofie-fotograwe se span.
OEFENTYE
Werkswinkels en opleidingsessies se tye sal gekommunikeer word.
KONTAKBESONDERHEDE
Gareth Harris
gareth.harris@klofies.co.za