Future Klofies: Sport
Karaktervorming en -ontwikkeling is vir ons by Hoërskool Waterkloof baie belangrik. Die doel van die Future Klofies-program is nie net om vaardigheid te ontwikkel nie, maar ook om te verseker dat elke jong seun en dogter se persoonlikheid en karakter ontwikkel word sodat hulle op die sportveld én in hulle alledaagse lewe, die beste sal wees wat hulle kan wees. Daar word op pret gefokus, maar ook op basiese lewensvaardighede soos respek, dankie-sê, daaglikse bedopmaak en baie meer.
ATLETIEK
Future Klofies-atletiek word op Maandae tot Donderdae vanaf 16:00 tot 17:30 vir graad 3- tot 7-leerders by die skool in naellope, hekkies, verspring, gewigstoot, diskus en middelafstande aangebied.
Koste beloop R400 per atleet per maand, asook ‘n inskrywingsfooi van R200 wat ASA-klubregistrasie insluit.
Stuur ‘n e-pos na alet.kieser@klofies.co.za om te in te skryf.
NAVRAE
Bonnie Joyce
bonnie.joyce@klofies.co.za
HOKKIE
Future Klofies-hokkie word op Vrydae vanaf 14:30 – 15:45 vir o.10- tot o.13-seuns en -dogters op die astro by Hoërskool Waterkloof aangebied. Daar is slegs plek vir 60 spelers. Wêreldklasafrigting word vir spelers en doelwagters aangebied.
Koste beloop tussen R100 en R120 per sessie – afslag word gegee indien meer as een spelers van dieselfde gesin inskryf. ‘n Future Klofies-hemp kan teen R250 aangekoop word.
Klik HIER om te registreer of stuur ‘n e-pos na astro@klofies.co.za.
NAVRAE
Omari Geyer
astro@klofies.co.za
KRIEKET
Future Klofies-krieket word op Woensdae en Vrydae vanaf 16:00 tot 17:30 by Hoërskool Waterkloof aangebied. Graad R0- tot 7-seuns word genooi om dit by te woon.
Koste beloop R450 per speler per maand. ‘n Inskrywingsfooi van R750 is ook betaalbaar. Dit sluit twee Future Klofies-hemde, ‘n Future Klofies-kortbroek en -pet in.
Klik HIER om te registreer.
NAVRAE
Ruan Sadler
ruan.sadler@klofies.co.za
NETBAL
Future Klofies-netbal word vir graad 1- tot 7-spelers by Hoërskool Waterkloof aangebied. Hierdie afrigting vind tydens kwartaal 3 en 4 in die vorm van ‘n 8- tot 10-weke program plaas. Bekwame afrigters onder leiding van Marlize Smit (voormalige Protea-speler en huidige Hoëprestasiebestuurder) bied hierdie progamme aan.
Kostes beloop R200 vir registrasie (T-hemp ingesluit): Graad 1-6
Elke sessie beloop R120 per dogter.
Alle graad 7-leerders wat by Hoërskool Waterkloof ingeskryf is woon sessies gratis by. Registrasie is ook gratis.
NAVRAE
Marlize Smit
marlize.smit@klofies.co.za
RUGBY
Die Future Klofies-rugbyprogram, in samewerking met Rugga School, bied aan o. 10- tot o. 13-seuns die geleentheid om hulle rugbyvaardighede op te verbeter. Dit skep ook geleentheid vir die spelers om hulle sosiale vaardighede te ontwikkel, nuwe vriende te maak en, die belangrikste van alles, om jou volle potensiaal te ontwikkel.
Sessies bestaan uit opwarming, algemene- en posisie spesifieke-vaardighede en word op Vrydae op die A-rugbyveld by Hoërskool Waterkloof aangebied. Topafrigters van regoor Gauteng deel hulle kennis en ervaring met die seuns.
Die koste beloop R800 per maand. Finale datums sal nader aan die tyd bekendgemaak word.
Elke sessie word so beplan om die seuns se vaardighede te verbeter. Aan die einde van die program sal die seuns spesifieke vaardighede bemeester het.
NAVRAE & REGISTRASIE
Dillon Smit – dillon.smit@klofies.co.za
TENNIS
Future Klofies-tennis bied ‘n pretprogram aan om rewolusionêre tennissterre te ontwikkel. Alle graad 0- tot 7-spelers is welkom by dié program wat by Hoërskool Waterkloof aangebied word.
Koste: ‘n Jaarlikse registrasiefooi van R150 wat ‘n gratis T-hemp insluit, asook R450 per kwartaal vir ‘n 45-minuutsessie een keer per week vir graad 0- tot 6-spelers en ‘n 90-minuutsessie vir graad 7-leerders. Ingeskrewe Klofies woon die sessies gratis by.
Klik HIER om in te skryf.
NAVRAE
Alexandra Dreyer
tennis@klofies.co.za
Future Klofies: Akademie
DANSSTUDIES
Future Klofies bied aan graad 1- tot 7-dansers die geleentheid om die nodige tegniek eerstehands by die Dansakademie te ervaar en aan te leer.
Die lesse word spesifiek uitgewerk om die dansers se vaardighede te verbeter om sodoende hulle instaat te stel om in graad 8 by die Dansakademie aan te sluit.
Die klasse word deur Royal Academy of Dance se gekwalifiseerde afrigters aangebied om die standaard van die Dansakademie te weerspieël. Kostes beloop R450 ‘n maand en vind een keer per week plaas
NAVRAE
Mongené Burgh
hsklofiesdance@gmail.com