Hengel het as sportsoort by Hoërskool Waterkloof in 2019 afgeskop. Ons is nog in ons beginnersfase, maar is baie opgewonde oor die voorreg om onder ‘n amptelike vaandel (Noord-Gauteng), betrokke te wees in 2020.
Vir meer inligting om by hengel betrokke te raak kan die leerders ‘n draai by juf. Vanessa van Jaarsveld gaan maak.