Hokkie

Hoërskool Waterkloof beskik oor wêreldklas hokkiefasiliteite. Kloof het ’n beligte hokkie-astro, ’n mini-astro, asook twee grasvelde.

VISIE
Om kompeterende hokkie op ’n professionele, innoverende vlak te beoefen en te bestuur, sodat dit plaaslik en nasionaal toonaangewend sal wees.

MISSIE
Om die waardes van hokkie deurlopend te bewaar, uit te bou en positief te bevorder, sodat leerders volgens hul potensiaal en vermoë kan presteer.
Doelstellings:
• Die daarstelling van ’n kompeterende vlak van afrigting
• Die beskikbaarheid van wêreldklas fasiliteite
• Die speel van kwaliteit hokkie en die voortdurende verbetering van spelpeil
• Die skep en instandhouding van ’n hokkiekultuur by Hoërskool Waterkloof wat in ooreenstemming is met die reëls en gees van die spel op provinsiale, nasionale en internasionale vlak
• Die bou en instandhouding van ’n hokkiekultuur op alle vlakke
• Om Waterkloof as die nommer een hokkieskool in die land te vestig, en die hokkieskool van keuse te wees

AFRIGTERS
Hokkiedirekteur: Jeanie Pienaar
• BA-graad, B.Ed (Hons) Onderwysbestuur en -reg
• Nasionale hokkiekeurder
• Lid van SASHOC Dogtershokkiekomitee (2011–2019)
• Voorsitter van Northerns Blues Dogtershokkiekomitee (2018, 2019 – uitgetree)

Seunshokkie: Mnr. Mark Lamprecht (Hoë prestasiebestuurder vir seuns)
• BA in Sielkunde
• Provinsiale speler (afgelope 15 jaar)
• Provinsiale binnenshuise speler (afgelope 5 jaar)
• SAHA Vlak 2-afrigter
• Eerste seunsspanafrigter
• Northerns Blues-afrigter (afgelope 4 jaar)
• Eerste spanafrigter – Hoërskool Waterkloof

Dogtershokkie: Me. Omari Pienaar Geyer (Hoë prestasiebestuurder vir dogters)
• B.Ed VOO, B.Ed (Hons) Rekenaargeïntegreerde Tegnologie
• SAHA Vlak 3-afrigter, FIH Vlak 3-afrigter
• Lid van SASHOC Dogtershokkiekomitee (2019–hede)
• Voorsitter van Northerns Blues Dogtershokkiekomitee (2019–hede)
• Afrigter: Northerns Blues Seniors Dames (IPT wenners 2024)
• Afrigter: Northerns Blues o.21 Dames (IPT wenners 2022)
• SA o.17 Hoofafrigter (2023–2025)
• Nasionale Keurder: Dogters o.17, o.18 (2022–hede), o.21 (2024–hede)
• Eerste spanafrigter – Hoërskool Waterkloof
• SA o.17 span na Maleisië Dogtershokkie
• A- en B-spanne neem deel aan die Northerns Blues-liga.
• Spanne volgens ouderdomsgroepe: ◦ o.14A–E ◦ o.15A–D ◦ o.16A–C ◦ Seniors 1–4
• C–E-spanne neem aan vriendskaplike toernooie en derbydae deel.
• In 2023 is 17 dogters in Northerns Blues-provinsiale spanne opgeneem.
• A-spanne neem deel aan die Noordvaal-kompetisie of SA Skole Top 12.
• A- en B-spanne toer jaarliks in die Maart–April-vakansie.
• Eerstespan neem deel aan St Mary’s- en St Stithians Easter Festival (grootste dogtershokkiefees in SA).
• 2024: 9de plek by St Mary’s; uitgenooi na SA Top 12.
• Deelname aan Paarl Challenge: D14A, 16A, D1.
• Reeds ses SA-skolespelers, een o.23 Wêreldbekerspeler, en een SA Nasionale Damesspanspeler opgelewer.
• 2024: Een dogter verwerf nasionale kleure.
• Algehele PUK-wenners en 4de in SA Top 12-toernooi. Seunshokkie
• Nege spanne is vir verskeie Northerns Blues-ligas ingeskryf.
• Minstens drie spanne per ouderdomsgroep.
• 2024: Twee seuns in Northerns Blues-provinsiale spanne.
• A-spanne neem aan Noordvaal-kompetisie of SA Skole Top 12 deel.
• A- en B-spanne toer in Maart–April-vakansie.
• Eerstespan neem jaarliks aan Kes Festival deel.
• o.14- en o.16-spanne neem jaarliks aan Hibbert-toernooi deel.
• Een SA-seunsskolespeler is reeds opgelewer.
• Algehele PUK-wenners.

Future Klofies:
Organiseerder: Omari Pienaar Geyer Hoofafrigter: Mark Lamprecht

NAVRAE
Jeanie Pienaar – Direkteur
jeanie.pienaar@klofies.co.za
012 347 7707 

Dogtershokkie

  • Twaalf dogtershokkiespanne neem aan die Northerns Blues-liga deel.
  • Daar is drie spanne in elke ouderdomsgroep met vier spanne in sommige ouderdomsgroepe.
  • Sewentien dogters is in 2023 in die onderskeie Northerns Blues provinsiale spanne opgeneem.
  • Die A-spanne neem jaarliks aan die Noordvaal-kompetisie of SA skole deel. 
  • Alle A- en B-spanne gaan op ‘n toer in die Maart-April vakansie.
  • Die eerste dogtershokkiespan neem aan die St Mary’s Festival en St Stithians Easter Festival in Johannesburg deel wat tans die grootste hokkiedogtersfees in Suid-Afrika is. Ons Eerstespan eindig negende by St Mary’s gedurende 2024. 
  • Die Klofies het reeds ses SA-skolespelers, een o. 23-SA-wêreldbekerspeler asook een SA-nasionale damesspanspeler opgelewer.
  • Gedurende 2023 verwerf 2 dogters nasionale kleure.

Seunshokkie

  • Die Klofies het tans nege seunshokkiespanne wat in verskeie Northerns Blues-ligas ingeskryf is.
  • Daar is minstens drie spanne in elke ouderdomsgroep.
  • Ses seuns is in 2022 in die onderskeie Northerns Blues provinsiale spanne opgeneem.
  • Alle A-spanne neem aan die Noordvaal-kompetisie of SA skole deel.
  • Hoërskool Waterkloof is algeheel as die beste seunshokkieskool in 2022 tydens hierdie kompetisie aangewys.
  • Die A- en B-spanne toer ook in die Maart-April vakansie.
  • Die eerste seunshokkiespan neem jaarliks aan die Kes Festival deel
  • Die drie A-spanne neem jaarliks aan die Coastal Cup deel.
  • Die o. 14- en o. 16-spanne neem ook jaarliks aan die Hibbert Cup deel.
  • Die Klofies het ook reeds een SA-seunsskolespeler opgelewer.