Huishoudelike reëls
Slaapkamers:
- Beddens word in die oggende voor inspeksie 06:05 netjies opgemaak en mag nie teen mekaar geplaas word nie.
- Kamers moet ten alle tye netjies en aan die kant wees, beddens moet ten alle tye netjies opgemaak wees.
- Kaste en laaie moet netjies reggepak wees. Geen goed wat op dei vloer rondlê nie.
- Mure en vloere moet te alle tye skoon gehou word.
- Elke koshuisleerder moet ‘n slot hê om die kaste te sluit. Elke leerder moet seker maak dat sy/haar kas gesluit is te alle tye.
- Koshuisleerders word aangemoedig om hulle kamers te versier m.b.v eie dekens, duvets, matte ens.
- Sorg dat jy ’n battery liggie het vir as die krag afgaan.
- Geen spykers kan in die mure geslaan word nie en as jy iets teen die muur vassit wat die verf beskadig sal julle die kamer moet uitverf.
- Inspeksie sal elke oggend deur die diensdoenende personeel gedoen word.
- GEEN balspeletjies sal in die gange toegelaat word nie.
- Maak daagliks jou vensters oop vir ventilasie en skakel jou lig af voor jy skool toe gaan.
- Voordat jy vertrek vir die naweek, sorg dat jou vensters toe is, ligte af is, kas gesluit is en jou kamer netjies is.
- Moet nie oop kos en lekkers in die kamers los nie dit lok miere.
- Eetgery en koppies moet skoon gewas word en nie by die wasbakke staan nie.
Eetsaal:
- Leerders tree in rye aan en bly stil voor die eetsaal.
- Personeellid aan diens open saam leerders en gee die nodige reëlings deur.
- In die eetsaal heers daar ordelikheid.
- Geen selfone in die eetsaal nie.
- Leerders argumenteer nie met die opskeppers nie.
- Moet asb. nie kos mors nie skep slegs wat jy kan opeet.
- Geen eetgerei word uit die eetsaal verwyder nie.
- Alle klagtes word aan die personeellid aan diens gerapporteer.
- Geen voedsel mag van naburige tafels geneem word nie.
- Die leerders sit soos wat die iondeling is wat aan hulle toegedien word.
- Dek jou eie eetgery af en sorg dat die tafel skoon is.
Siek Leerders:
- Gevalle van ernstige siekte of besering moet onmiddelik aan die koshuishoof of personeellid aan diens gerapporteer word.
- Siek leerders se ouers word ontbied om tuis verpleeg te word.
- Koste i.v.m siekte sal van die ouers verhaal word.
- Ernstige gevalle sal die skool se mediese departement geskakel word en indien nodig op aanbeveling word leerder deur die personeellid aan diens na die hospitaal vervoer.
- Sakgeld en persoonlike eiendom:
- Geen verantwoordelikheid kan deur die koshuispersoneel aanvaar word vir sakgeld of persoonlike eiendom wat uit leerders se kamers wegraak nie. Sorg dat waardevolle items ook deur die dag in jou kas toegesluit word.
Naweke:
- Leerders sal slegs toegelaat word om op naweke in die koshuis te bly indien daar verlipgte aktiwiteite deur die skool gereël word.
- Leerders wat inbly moet etes bywoon en die personeellid aan diens in kennis stel as hulle die terrein moet verlaat.
- Indien die leerders naweke of in die week ete gaan mis kan hulle ’n kospakkie aanvra. Hulle vul ’n kospakkie briefie in en gee dit vir die personeellid aan diens. (Ten minste een dag daarvoor benodig word).
- Koshuis sluit elke aand oor naweke ook so as leerders gaan laat inkom moet hulle die nodige reëlings tref met die personeel aan diens voor hulle vertrek.
- Indien jy al in die week vertrek voor die naweek en eers Sondag/Maandag terugkom sorg dat jy vir die naweek uitgeteken het.
Badkamers:
- Wasbakke en storte word skoon en netjies agtergelaat na gebruik.
- Gebruik die mop en maak dei vloer droog as jy gemors het.
- Geen proppe/stortkoppe word verwyder nie.
- Toilette moet te alle tye netjies en getrek wees.
- Water moenie vermors word nie!
Elektriese Apparaat:
- Slegs met die vergunning van die personeel kan elektriese apparaat in die kamers gehou word. Elektriese toerusting wat in die koshuis toegelaat word is haardroërs, straightlers klein radio’s, waaiers, selfoon laaiers, rekenaars en tablette.
- Geen yskaste of ketels nie. Elke gang het ’n mikrogolf, ketel en yskas wat die leerders kan gebruik.