Jazz Ensemble

WAT BEHELS DIE JAZZ ENSEMBLE?

Die Jazz ensemble van Hoërskool Waterkloof bestaan uit ses lede wat musiek uit verskillende jazz genres speel en vryelik kan improviseer. Hulle word dikwels genooi om agtergrondmusiek by geleenthede te speel en neem ook aan kompetisies deel. 

Lede van die Jazz ensemble 2023:

  • Heinrich Sutton-   klavier
  • Aiden Thompson-   kontrabas
  • Natalie Roos-  dromme
  • Jayden Sauer-  altsaksofoon of klarinet
  • Tiaan Barnard-   tenoorsaksofoon
  • Wilando Ferreira-  tromboon

Gedurende 2021 en 2022 was die Jazz ensemble kategoriewenners by die Pretoria Kunswedstryd en gedurende 2022 het hulle in die finaal van die SASMT-ensemblekompetisie geëindig.