Kamers en Geriewe

Huis Kloofsig is ‘n moderne koshuis wat oor 28 seunskamers en 26 dogterskamers beskik.

Elke gang is toegerus met ‘n yskas, ketel en mikrogolf vir almal se gebruik. Jy moet jou eie eetgerei vir gebruik op die gang saambring. Daar is ook ‘n wasbak om jou skottelgoed te kan was. Merk ook die eetgoed wat jy in die yskas wil sit.

Daar is ongelukkig nie wasgoedgeriewe beskikbaar nie en bly dit die verantwoordelikheid van die ouers om toe te sien dat die klere van die leerders gewas word.

Kamers word uitgevee en daar is ‘n asblikkie, lessenaar en stoel in elke kamer. Die vensters het ‘n blinder in en daarom word gordyne benodig nie. Elke leerder het sy/haar eie kas met hangplek en rakke.

Alle graad 8-kamers is dubbelkamers; daar is egter ook ‘n paar kamers waar drie graad 8-leerders ‘n kamer moet deel.  Alle graad 8-leerders studeer in die studiesaal.

TOER - GERIEWE