Kleredrag

DOGTERS:

Somersdrag

  • Romp Koningsblou, drupdroog.
  • Bloes Blou, kortmou, poliëster-katoen.
  • Skoene Swart standaard skoolskoene wat toeryg of met ‘n bandjie oor die brug van die voet.
  • Kouse Kort wit sokkies omgevou.
  • Oortrektrui Mouloos, dieselfde kleur as die romp met voorgeskrewe strepe in die V-hals.  Geen langmoutruie word toegelaat nie. Matrieks dra ‘n wit oortrektrui, soos deur klereverskaffers voorsien.

Wintersdrag

  • Romp Koningsblou, drupdroog.
  • Bloese Blou, langmou, poliëster-katoen.
  • Skoene Soos vir somer.
  • Kouse Lang kouse — soos deur klereverskaffers voorsien.
  • Baadjie [verpligtend] Enige amptelike skoolbaadjie.
  • Das Voorgeskrewe blou skooldas/spesiale das.
  • Trui Oortrektrui met V-hals.   Slegs onder baadjie.
  • Serp [Afmetings: 20cm x 160cm] Wit serp is toelaatbaar [sonder strepe].

LO-drag Slegs die Klofiebroekie en -hempie word skool toe gebring en aangetrek.

Sportdrag

Besonderhede van sportdrag soos deur die verskillende sportsoorte vereis word is by die Sportburo van die skool en die afrigters beskikbaar.

 

SEUNS:

Somersdrag

  • Broek Blougrys langbroek of grys standaard kortbroek.
  • Hemp Blou, kort- of langmou, poliëster-katoen.
  • Skoene Swart toerygskoolskoene met standaard sooldikte. Geen aanglipskoene nie.
  • Kouse Blougrys met strepe in omslag.
  • Das Voorgeskrewe blou skooldas/spesiale das.
  • Oortrektrui Moulose oortrektrui met V-hals [soos vir dogters]. Geen langmoutruie word toegelaat sonder ‘n baadjie nie.
  • Gordel Swart of grys met ‘n normale grootte gespe.

Wintersdrag

  • Broek Blougrys langbroek [soos vir somer].
  • Hemp Blou, langmou, poliëster-katoen.
  • Das Voorgeskrewe blou skooldas/spesiale das.
  • Baadjie [verpligtend] Soos vir dogters.
  • Serp Wit serp [sonder strepe] is toelaatbaar – 20cm x 160cm.

LO-drag: Slegs die Klofiebroekie en hempie word skool toe gebring en aangetrek.

 

Sportdrag

Besonderhede van sportdrag soos deur die verskillende sportsoorte vereis word, is by die klerewinkel van die Sportburo van die skool en die afrigters beskikbaar.

Algemeen

  • ‘n Koningsblou Drimac-baadjie met skoolwapen mag slegs  aangetrek word as dit reën.  Dit is slegs by die klerewinkel van die Sportburo beskikbaar. ‘n Amptelike sportsak is by die klereverskaffers beskikbaar.
  • Tydens formele funksies word ‘n langbroek en baadjie gedra.

Amptelike baadjies

  • Blou baadjie met skoolwapen (Word vervang met die gestreepte baadjie)
  • Blou baadjie met gestreepte omboorsel vir kleure (Word vervang met die gestreepte baadjie)
  • Gestreepte erekleurebaadjie met erekleurewapen mag slegs vanaf gr. 10 gedra word.
  • Klofieraad: Erekleurebaadjie met wit hemp
  • Slegs een balkie per aktiwiteit mag op die baadjie gewerk word.
  • Slegs erkende lapelwapens wat deur die skool toegeken is, mag op die baadjie gedra word.