Klofie Kunstefees
Kontakpersoon: Dr. Ronelle Bosman
Kontakbesonderhede: 012 347 0277
Talent en musikale vaardigheid is volop in die skool, dus is dit ‘n logiese volgende stap om elke jaar ‘n interne kunstefees te hou. Die Musiekdepartement bied elke jaar ‘n platform vir elke Klofie om sy slag op ‘n instrument of met sang te kom wys, en ‘n eksterne beoordelaar wys vier kategoriewenners na ‘n middag van uitdunne aan.
Inskrywings word by die Musiekdepartement gedoen teen ‘n minimale fooi per item. Daar is geen beperking op styl, genre of samestelling van solo of groepsitems nie. Uitdunne vind gewoonlik in die tweede of derde week van die derde kwartaal plaas, en die wenners word genooi om tydens die Promenadekonsert op te tree.